250px|duimnael|Risoïede met broedselle van Cephaloziella divaricata 250px|duimnael|k = jong mosplant, w = die eerste risoïede.
Risoïede is strukture in plante en swamme wat soos 'n wortel funksioneer as plantondersteuner of vir absorpsie.
In swamme is risoïede klein vertakende swamdrade wat afwaartse van die uitlopers groei wat die swam anker. Dit stel verterende ensieme vry en absorbeer verteerde organiese materiaal.
In landplante, is risoïede hare wat die plant in die grond anker. In die lewermosse ontbreek dit of is dit enkelsellig, maar in mosse is dit meersellig. In vaatplante word dit baie keer wortelhare genoem en kan dit enkel- of meersellig wees.
Kategorie:Plantanatomie