duimnael|regs| Im Haag, Idar-Oberstein

SC 07 Idar-Oberstein is 'n sportklub uit Idar-Oberstein in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek en atletiek.

Die klub is in 1907 as SC Alemannia Idar gestig. Die naam is twee jaar later verander na 1. FC 1907 Idar. Die klub het sy hoogtepunt in die 1945/46-seisoen bereik toe daar in die Oberliga Suidwes op die hoogste vlak meegeding is.

In 1971 is daar met Sportvereinigung 08 Idar saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die "nuwe" klub se grootste prestasie was om in 1998 die SWFV-Pokal (Suidwes sokkerbondbeker) te wen en daarmee toegang tot die eerste rondte van die DFB-Pokal te verkry. 'n Verdere hoogtepunt was om een seisoen (1999/00) in die Regionalliga Wes op die derde vlak deur te bring.

Onlangse ligaposisionering 1990-91 (VI) Bezirksliga Nahe 2de 1991-92 (VI) Bezirksliga Nahe 1ste 1992-93 (V) Landesliga SW-Wes 2de 1993-94 (V) Landesliga SW-Wes 1ste 1994-95 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 11de 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 2de 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 5de 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 2de 1999-00 (III) Regionalliga Wes 18de 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 14de 2001-02 (IV) Oberliga Suidwes 4de 2002-03 (IV) Oberliga Suidwes 4de 2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 15de 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 17de 2005-06 (V) Verbandsliga Suidwes 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken - Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II - SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms

Idar-Oberstein