Natalia da Rocha is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, jeugaktivis en sakevrou. Sy word onthou as een van net 'n paar bruin kunstenaars wat 'n hoë profiel tydens die apartheidsera gehandhaaf het. In 1981 was sy die eerste bruin persoon wat 'n BDram-graad aan die Universiteit Stellenbosch se Afrikaans-oorheersde dramadepartement ontvang het. Aan die begin van 1987 was sy die eerste bruin vrou wat die hoofrol in 'n Sun City-extravaganza gespeel het saam met Sam Marais en in 1992 het sy die eerste Suid-Afrikaner geword wat in Madagaskar opgetree het.

Haar produksies sluit in Die slavin en As die wind so waai. Sy tree ook in musiekblyspele soos Ain't Misbehavin, Midnight Blues, Godspell en Vere op. Daarnaas het hy in Danie Odendaal se SAUK-reeks Gallery gespeel. Sy is met die akteur Kurt Egelhof getroud. Hulle het 3 kinders.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Filmografie Charlie Jade (TV-reeks), 2005 as Mysha Aswan Tarzan: The Epic Adventures (TV-reeks), 1997 Lipstiek Dipstiek, 1994 as matrone Reason to Die, 1990 as Shelley

Verwysings

Eksterne skakels CapeWOW (Women Of the World) Fees KunsteKaap Hulpbron Sentrum KunsteKaap-teater

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu