Ernst Ingmar Bergman (['ɪŋmar 'bærjman] in Sweeds) (14 Julie 1918 – 30 Julie 2007) was 'n Sweedse teater- en rolprentregisseur. Hy word as een van die groot meesters in rolprentgeskiedenis beskou. Uit die artikel: "Ingmar Bergman, the “poet with the camera” who is considered one of the greatest directors in motion picture history, died today on the small island of Faro where he lived on the Baltic coast of Sweden, Astrid Soderbergh Widding, president of The Ingmar Bergman Foundation, said. Bergman was 89."

Hy was die regisseur van 62 rolprente (die meeste hiervan het hy self geskryf) en 170 toneelstukke. Die meeste van sy rolprente het in sy geboorteland, Swede, afgespeel. Die deurlopende temas van sy werke was dikwels mistroostig en het oor fisiese en psigiese siektes gehandel. Hy het ’n Oscar vir The Virgin Spring (1960) en Through a Glass Darkly (1962) ontvang.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Bergman was vir meer as 60 jaar aktief, maar sy loopbaan was ernstig bedreig in 1976 na 'n verknoeide misdaadondersoek rakende beweerde belastingontduiking. Bergman het 'n aantal van sy produksies gestaak, sy ateljee gesluit en daarna tydens 'n selfopgelegde bannelingskap vir agt jaar vanuit Duitsland gewerk.

Biografie duimnael|links|Erik Bergman, Ingmar se vader, tydens 'n diens by die Hedvig Eleonora-kerk, te Stockholm, in ongeveer 1930.

Ernst Ingmar Bergman is in Uppsala, Swede gebore aan 'n Lutherse predikant van Deense afkoms, Erik Bergman (later kapelaan vir die Sweedse Koning) en sy vrou, Karin (née Åkerblom). Tydens sy jeug was Ingmar omring deur religieuse verbeeldings en besprekings. Sy vader was 'n konserwatiewe minister en 'n streng ouer. In sy outobiografie, Laterna Magica, skryf Ingmar "Terwyl vader vanaf die kansel gepreek het en die gemeente gebid, gesing of geluister het, het ek my aandag geskenk aan die kerk se raaiselagtige wêreld van lae gewelwe, dik mure, die reuk van die ewigheid, die gekleurde sonlig al bewende op die vreemdste vegetasie van middeleeuse skilderye en gekerfde figure op die plafonne en mure. Daar was alles wat 'n mens se verbeelding kon begeer: engele, heiliges, drake, profete, duiwels, mense." Ingmar Bergman (1984). Laterna Magica. Norsted's. Vertaal vanaf die Engels: "While father preached away in the pulpit and the congregation prayed, sang or listened, I devoted my interest to the church’s mysterious world of low arches, thick walls, the smell of eternity, the colored sunlight quivering above the strangest vegetation of medieval paintings and carved figures on ceilings and walls. There was everything that one’s imagination could desire — angels, saints, dragons, prophets, devils, humans.

Bergman se belangstelling in die teater- en rolprentwêreld het op 'n vroeë ouderdom begin: duimnael|upright|'n Kaart van Swede. Uppsala, Ingmar Bergman se geboorteplek, word hier uitgewys met 'n rooi kolletjie.

"Op 9-jarige ouderdom het hy 'n stel bliksoldate vir 'n gehawende towerlantern verruil, 'n besitting wat sy lewenskoers verander het. Hy onthou hoe hy binne-in 'n jaar, deur met hierdie speelding te speel, 'n private wêreld geskep het waarin hy geheel en al tuis gevoel het. Hy het sy eie dekor, marionette en beligtingeffekte geskep en poppespele aangebied wat op toneelstukke van Strindberg gebaseer is en waarin hy sy stem aan al die rolle verleen het. Oorspronklike aanhaaling: "At the age of 9, he traded a set of tin soldiers for a battered magic lantern, a possession that altered the course of his life. Within a year, he had created, by playing with this toy, a private world in which he felt completely at home, he recalled. He fashioned his own scenery, marionettes and lighting effects and gave puppet productions of Strindberg plays in which he spoke all the parts." in: Ingmar Bergman, Master Filmmaker, Dies at 89 deur Mervyn Rothstein, New York Times, 31 Julie 2007

Hy het twee vyf-maand-lange termyne van verpligte militêre diens gelewer en het die Stockholm Hoërskool en Stockholm Universiteit ("Stockholms universitet") bygewoon. Daar het hy oorspronklik vir 'n kursus in letterkunde en kuns ingeskryf, maar het halfverweë opgehou na hy geïnteresseerd geraak het in die teaterwêreld en later ook in rolprente (teen die vroeë 1930's was hy 'n "opregte rolprentverslaafde").Ingmar Bergman: His Life and Films, deur Jerry Vermilye, 2001, bl. 6. Oorspronklike Engels: "a genuine movie addict".

Alhoewel hy in 'n toegewyde Lutherse huishouding grootgeword het, het Bergman sy geloof reeds op agt-jarige ouderdom verloor. Hy het egter eers vrede met hierdie feit kon maak tydens die verfilming van die 1962-film Nattvardsgästerna.The Films of Ingmar Bergman, deur Jesse Kalin, 2003, bl. 193

Sedert die vroeë sestigerjare het Bergman 'n groot deel van sy lewe op die Sweedse eiland Fårö (net noord van Gotland) deurgebring, waar hy ook 'n aantal van sy films vervaardig het. Hy het na München verhuis vir 'n periode na die uitgestrekte stryd met die Sweedse regering rakende sy beweerde belastingontduiking. Bergman het eers weer in 1982 na Swede teruggekeer, waar hy toe die regie van die film, Fanny och Alexander, behartig het. Bergman het verklaar dat dit sy laaste film sou wees en dat hy voortaan slegs verhoogproduksies sou bestuur. Hy het egter sedertdien 'n aantal televisiefilms vervaardig, maar het later op Fårö afgetree.

Ingmar Berman het vreedsaam gesterf by sy tuiste op Fårö, vroeg op die oggend van 30 Julie 2007, op die ouderdom van 89.Film director Bergman dies at 89 van die BBC se nuuswerf. Laaste besoek op 31 Julie 2007.

Rolprentloopbaan Tegniek duimnael|links|Ingmar Bergman en die Sweedse aktrise, Ingrid Thulin, tydens die produksie van Tystnaden in 1963.

As 'n regisseur het Bergman intuïsie bo intellek vertrou en het 'n nie-aggressiewe benadering gekies in sy werk met akteurs. Hy het homself as verantwoordelik vir sy akteurs beskou en het hulle gesien as medewerkers wat dikwels in 'n psigologies kwetsbare posisie is. Hy was van mening dat 'n regisseur beide eerlik en ondersteunend moet wees, ten einde akteurs toe te laat om hulle beste werk te lewer.

Sy rolprente handel gewoonlik oor eksistensialistiese vrae oor sterflikheid, eensaamheid en geloof en dié rolprente was oor die algemeen direk en nie openlik gestileerd nie. Een van Bergman se bekendste rolprente, Persona, is opvallend, siende dat die film beide eksistensialisties en avant-garde is.

Alhoewel sy rolprente intellektuele temas bevat het, het die kwessie van seksuele begeerte in die voorgrond van die meeste van sy rolprente voorgekom, of die toneel nou 'n middeleeuse plaag was (Det Sjunde inseglet), die lewe van 'n ryk familie in vroeë 20-eeuse Uppsala (Fanny och Alexander) of eietydse vervreemding (Tystnaden). Sy vroulike karakters was gewoonlik meer in voeling met hulle eie seksualiteit as hulle manlike medespelers en het ook nie geskroom om dit te verkondig nie, al was dit soms met verstommende rondborstigheid (bv. Viskningar och rop). In 'n onderhoud met die tydskrif, Playboy, in 1964, het hy gesê: "...die openbaring van seks is baie belangrik en veral vir my, want bo alles wil ek nie slegs intellektuele films maak nie. Ek wil hê dat gehore my films moet voel, moet áánvoel. Vir my is dit baie belangriker as wat hulle slegs my films verstaan."Ingmar Bergman: The Legendary Playboy Interview (in Engels). Laaste besoek op 31 Julie 2007. In die oorspronklike Engels: ...the manifestation of sex is very important, and particularly to me, for above all, I don't want to make merely intellectual films. I want audiences to feel, to sense my films. This to me is much more important than their understanding them. Volgens Bergman was rolprente sy veeleisende minnares. Sommige van sy grootste aktrises het ook in die werklikheid die rol van sy minnares gespeel.

Liefde – verdraai, gefnuik, onverklaar, verstoot – was die leidende motief van baie van sy rolprente, moontlik beginnende met Nattvardsgästerna (1962), waar 'n pastoor se onvrugbare geloof gekontrasteer word met sy minnares se spytvolle stryd om hom te help om spirituele regverdiging deur menslike liefde te vind.

Bergman het gewoonlik sy eie draaiboeke geskryf en het dikwels maande of selfs jare daaroor gedink voor hy die fisiese proses van neerlegging begin het ('n proses wat hy as ietwat langdradig beskou het). Sy vroeë films is met sorg gestruktureer en is óf op sy toneelstukke gebaseer of in medewerking met ander draaiboekskrywers geskryf. Volgens Berman het akteurs van sy latere rolprente soms dinge anders wou doen as wat hy dit beplan het en het hy hulle toegelaat, na hy gemerk het dat die gevolg soms "rampsalig" was wanneer hy dit nie toegelaat het nie. Soos sy loopbaan gevorder het, het Bergman sy akteurs meer en meer toegelaat om hulle dialoog te improviseer. In sy laaste rolprente het hy slegs die idees om die toneel verskaf en sy akteurs toegelaat om self op hulle presiese dialoog te besluit.

Vaste toneelgeselskap duimnael|Die bekende Sweedse akteur, Max von Sydow, was deel van Ingmar Bergman se vaste toneelgeselskap.

Bergman het 'n persoonlike "vaste toneelgeselskap" ontwikkel van Sweedse akteurs en aktrises wat hy herhaaldelik in sy rolprente gebruik het. Hulle het Max von Sydow, Bibi Andersson, Harriet Andersson, Erland Josephson, oorle Ingrid Thulin, en Gunnar Björnstrand ingesluit; elkeen van hierdie akteurs en aktrises het in ten minste vyf van Bergman se rolprente verskyn. Die Noorse aktrise, Liv Ullman, wat in nege van sy rolprente verskyn het, was die laaste om by die groep aan te sluit met die 1966 film, Persona. Van die groep was sy ook uiteindelik die nouste geassosieer met Bergman, beide op 'n kunssinnige en persoonlike vlak. In 1966 het die twee 'n dogter, Linn Ullmann, gehad.

Bergman het in 1953 saam met sy kameraman, Sven Nykvist, begin werk. Die werksverhouding wat die twee ontwikkel het was van so 'n mate dat Bergman eers die dag voor verfilming sou wonder oor die samestelling van 'n skoot. Die volgende oggend sou hy kortliks die stemming en die komposisie wat hy wil hê, bespreek en dit dan aan Nykvist oorlaat, sonder om enigsins in te meng of kommentaar te lewer tot en met die naproduksie se besprekings.

Beskuldigings van belastingontduiking en ballingskap 1976 was een van Ingmar Bergman se traumatieste jare in sy lewe. Tydens die repetisie van die toneelstuk, Dödsdansen, deur August Strindberg, op 30 Januarie 1976 by die Kungliga Dramatiska Teatern ("Koninklike Dramatiese Teater") in Stockholm, is Bergman gearresteer deur twee polisiebeamptes in burgerdrag en daarvan aangekla dat hy sy inkomstebelasting ontduik het. Die gebeurtenis se impak op Bergman was verwoestend: hy het 'n senuwee-instorting gehad en is in die hospitaal opgeneem te midde van 'n diepe depressie.

Die ondersoek was gefokus op 'n beweerde transaksie van SEK 500 000 (Sweedse krona) tussen Bergman se Sweedse maatskappy, Cinematograf en die se Switserse dogtermaatskappy, Persona, 'n entiteit wat hoofsaaklik gebruik was om die salarisse van buitelandse akteurs te betaal. Bergman het Persona in 1974 ontbind, na hy deur die Sweedse Sentrale Bank in kennis gestel is en het daarna die inkomste rapporteer. Op 23 Maart 1976 het die spesiale aanklaer, Anders Nordenadler, die aanklagte teen Bergman laat vaar en gesê dat die beweerde "misdaad" geen wettige basis het nie en dat dit vergelykbaar is met 'n persoon wat sy eie kar probeer steel.