DJK Germania Gladbeck is 'n sportklub uit Gladbeck in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir handbal, budo en tafeltennis.
Die klub is al in 1923 gestig, maar het vir die grootste deel van sy geskiedenis 'n lae profiel gehad in die skadu van klubs soos Sportclub Preußen Gladbeck (vandag SG Preußen Gladbeck 1910/29 e.V.) en veral Sportfreunde Gladbeck (vandag FC Gladbeck), wat tussen 1957 en 1963 op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur meegeding het. Die klub is in 1934 ontbind deur die Nazi's, maar is weer heropgerig in 1945.
Vandag is Germania die topklub in Gladbeck en speel in die Stadion Gladbeck, 'n historiese monument, wat aan die stad behoort. Die klub se tradisionele tuisveld is die Sportplatz am Krusenkamp met 'n kapasiteit van 2 000. Die klub se grootste prestasie was om na die Oberliga Wesfale te promoveer in 2007.
Onlangse ligaposisionering
2002-03 (VII) Bezirksliga 12 Wesfale 1ste 2003-04 (VI) Landesliga 4 Wesfale 1ste 2004-05 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 4de 2005-06 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 12de 2006-07 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 2de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale 2008-09 (VI) Verbandsliga 2 Wesfale
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000
Gladbeck