Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal,https://www.ethnologue.com/language/afr wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het.
Afrikaans is een van die twaalf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, beskou ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking)http://www.statssa.gov.za/census/census_2011/census_products/Census_2011_Census_in_brief.pdf dit as hulle moedertaal. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.
Buiten die oorspronklike taalgebied, is daar groot groepe Afrikaanssprekendes in lande soos Namibië (ongeveer 180 000; naastenby 9% van alle huishoudings),http://data.un.org/Data.aspx?d=POP&f=tableCode%3a27%3bareaCode%3a0%3bsexCode%3a0&c=2,3,5,7,9,11,13,14,15&s=_vcvv2:asc,_countryEnglishNameOrderBy:asc,refYear:desc&v=1 die Verenigde Koninkryk (ongeveer 100 000),Volgens amptelike statistiek het 140 236 Suid-Afrikaanse burgers in 2001 in die Verenigde Koninkryk gebly, Statistics South Africa – Comparative Assessment of Data on Self-Declared Emigration, 2002 Update Nieu-Seeland (21 000 in 2006), Botswana (20 000), die Verenigde State (23 010 volgens die 2009–2013 American Community Survey wat deur die Amerikaanse Sensusburo in Oktober 2015 gepubliseer ismongabay.com: How many people speak "Afrikaans" in America. Besoek op 15 September 2019), Australië (43 741, volgens die sensus van 2016), en Kanada (8 770 volgens die sensus van 2011).Statistics Canada: 2011 Census of Canada: Topic-based tabulations. Besoek op 19 Mei 2015
Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16de- en 17de eeuse Nieunederlands (of Nuwe Nederlands), Khoi, San, Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en verskeie Nguni- en Sothotale.Rajend Mesthrie: Language in South Africa, p. 200 tot 206
Klassifikasie duimnael|Nederfrankiese taalgebied in Europa. Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederduits Nederfrankies Nederlands Afrikaans
Afrikaans is 'n Indo-Europese taal wat aan die Wes-Germaanse tak van die Germaanse tale behoort. Afrikaans behoort saam met Nederlands aan die Nederfrankiese taalgroep wat van Oudnederlands afstam. Nederfrankiese verskeidenhede word in Europa in Nederland, die noorde van België, Frans-Vlaandere in Frankryk en die Duitse gebied langs die Ryn tussen Keulen en die grens tussen Duitsland en Nederland gepraat. Buite Europa word Nederfrankiese verskeidenhede in Suid-Afrika, Namibië, Suriname en die Nederlandse eilande in die Karibiese See gepraat.
Die Nederfrankiese verskeidenhede word saam met Nedersaksies onder Nederduits gegroepeer. Daar het 'n skeiding gekom tussen Nederduits en Hoogduits vanweë die Hoogduitse klankverskuiwing.Glück, H. (ed.): Metzler Lexikon Sprache, pages 472, 473. Stuttgart, Weimar: Metzler, 2000 (entries niederdeutsch and niederfränkisch)
Geskiedenis
Ontstaan van die Afrikaanse omgangsvariëteite duimnael|Die Eerste Taalmonument in Burgersdorp (Oos-Kaap) versinnebeeld die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapkolonie. duimnael|Die Afrikaanse Taalmonument in Paarl (Wes-Kaap) versinnebeeld die invloed van ander tale in die ontstaan van Afrikaans. Teen die middel van die 17de eeu het Europeërs hulle aan die Kaap gevestig. Op taalgebied sou hier 'n proses plaasvind wat in alle Nuwe Wêreldlande waar mense van verskillende tale en kulture vermeng het, plaasgevind het. Nuwe omgangsvariëteite sou ontstaan. Aan die Kaap sou ook taalontwikkelinge wat latent in Nederlands aanwesig was, tot ontplooiing kom,Raidt, Edith H.: Afrikaans en sy Europese Verlede. Kaapstad: Nasou Beperk 1991, bl. 230 soos die sinkopee van die intervokaliese -d- en -g- (byvoorbeeld: sadel > saal en regen > reën).
By die ontwikkeling van sommige Afrikaans-Hollandse omgangsvariëteite, was die invloed van vreemde tale gering, maar ander variëteite het 'n kreoliseringsproses ondergaan – byvoorbeeld Hottentot-Hollands en Slawe-Hollands. Alle vreemdelinge aan die Kaap het Nederlands egter eie probeer maak. Veral ander Europeërs is binne 'n relatief kort tydperk geassimileer. Die nuwe omgangsvariëteite word wel deur 'n eenvoudiger taalkode gekenmerk. Hierdie proses was egter nie alleen tot die Kaap beperk nie. In Brasilië sou in dieselfde tyd 'n omgangsvariëteit ontstaan het wat grammatikaal eenvoudiger as Europese Portugees is. In Quebec het ook 'n omgangsvariëteit ontstaan wat grammatikaal eenvoudiger as Europese Frans is.
As gevolg van die Europese volksverhuising, verhuis Friese, Angele, Sakse en Jutte van die Europese vasteland na die Britse eilande waar hierdie Germaanse immigrante met die Britse Kelte vermeng. Tussen 800 en 1100 sou Wikings of Vikinge hulle ook op die Britse Eilande vestig. Die nuwe Germaanse taal wat hier ontwikkel het en later as Engels (afkomstig van Angele) bekend sou staan, is ook grammatikaal eenvoudiger as die Germaanse tale van die Europese vasteland.
As gevolg van die grootskaalse taal- en kultuurvermenging in Amerika, het dáár ook nuwe omgangsvariëteite ontstaan wat grammatikaal eenvoudiger as Standaardengels is. Die bekendste voorbeeld hiervan is Negerengels.
Die Nederlandse omgangsvariëteite aan die Kaap tussen 1652 en omstreeks 1800, is selde op skrif gestel, wat beteken dat ons nie vandag presies weet hoe hierdie variëteite gelyk het nie.Raidt, Edith H.: Afrikaans en sy Europese Verlede. Derde hersiene en uitgebreide uitgawe. Kaapstad: Nasou 1991, bl. 171 Teen omstreeks 1800 is die volgende omgangsvariëteite aan die Kaap gepraat: 1) Suiwer Nederlands; 2) Burger Afrikaans of Kaaps-Hollands, soos gebruik deur die aristokrasie; 3) Boere-Afrikaans, veral op die platteland; 4) Hottentot-Hollands (of Hottentot-Afrikaans); 5) Slawe-Afrikaans; 6) Vreemdeling-Afrikaans.Van der Merwe H.J.J.M.: Herkoms en Ontwikkeling van Afrikaans. Afrikaanse Pers-Boekhandel: Johannesburg 1970, bl. 69
Die skrywer A.N.E. Changuion vermeld dat die volgende variëteite in 1844 aan die Kaap gepraat was: 1) Suiwer Nederlands; 2) Hoog-Hollands, soos gebruik in die gegoede burgerlike kringe aan die Kaap; 3) Plat-Kaaps van ander blankes en Engelse; 4) Plat-Kaaps van die Hottentotte en ander 'gepeupel'.Changuion, A.N.E.: De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika Hersteld. Kaapstad: Richert Pike 1844
In 1875 was S.J. du Toit van mening dat drie soorte Afrikaans in die Kaap gepraat was. Dit was volgens hom: 1) Heere-Afrikaans; 2) Boere-Afrikaans; 3) Hottentot-Afrikaans.E.H. Raidt: Taalvariasie in Negentiende-Eeuse Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, jaargang 32(4), 240-256, bl. 241
S.J. du Toit was van mening dat Boere-Afrikaners die 'regte' inwoners van Suid-Afrika was en het hy Boere-Afrikaans as die model waarop Standaardafrikaans geskoei moes word, beskou.
Standaardisering en ontwikkeling van Afrikaans as kultuurtaal Aan die Kaap is verskillende Afrikaans-Hollandse omgangsvariëteite gepraat met Nederlands as die oorkoepelende kultuurtaal. Nederlands was die algemeen aanvaarde kultuurtaal en het as skryftaal, bestuurstaal, kerktaal en die taal van die onderwys gedien. In 1806 het die Kaapkolonie vir die tweede keer in Britse hande geval, waarna Engels 'n kragtige opmars begin het. Die gebruik van Afrikaans-Nederlands is onder Engelse bestuur ontmoedig.
In 1854 het die Oranje-Vrystaat Nederlands as amptelike taal aanvaar. In 1882 is Nederlands, naas Engels, as die amptelike taal in die Kaap aanvaar. In 1888 is Nederlands as die amptelike taal in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aanvaar. Om die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapse parlement te herdenk, is die Eerste Taalmonument in 1893 by Burgersdorp opgerig. Aan die einde van die 19de eeu, was sommige mense van mening dat Afrikaans (veral Boere-Afrikaans) meer erkenning moes geniet en het hulle voorspraak vir 'n eie inheemse taal begin maak: Afrikaans. In die Nederlandstalige pers is toe soms briewe en artikels in Afrikaans geplaas.
Die Kaapse Maleiers het ook begin om Afrikaans-Nederlands naas Arabies in hulle godsdiensgeoefeninge te gebruik. Die Maleiers het onder andere Afrikaans-Nederlands geskryf, maar in die Arabiese alfabet.
Die Afrikaanse Taalbeweging duimnael|Die Afrikaanse Patriot uitgegee in 1876. Die eerste- en tweede Afrikaanse Taalbeweging het veral die Amerikaanse Taalbeweging en ook die Vlaamse Taalbeweging as voorbeelde beskou. In die VSA het Noah Webster vir 'n eie inheemse Amerikaanse taal in die plek van Engels gepleit. In Vlaandere, Brasilië, Noorweë en Quebec het ook stemme vir 'n eie inheemse taal opgegaan. Hierdie taalbewegings was deur nasionalisme aangevuur. Die Vlaamse Taalbeweging, die Brasiliaanse Taalbeweging, die Amerikaanse Taalbeweging en die Quebecse Taalbeweging het telkens op mislukkings uitgeloop. Die Noorse Taalbeweging was wel aanvanklik 'n sukses, maar is tans besig om te misluk. Alleen die Afrikaanse Taalbeweging was volledig suksesvol in die vestiging van 'n nuwe kultuurtaal. Die motivering en doelstellings van al hierdie taalbewegings was dieselfde.
Die eerste Afrikaanse taalbeweging neem in 1875 met die stigting van die GRA of die Genootskap van Regte Afrikaners in Paarl 'n aanvang. Die doelstellings van die GRA is egter deur die meeste Kapenaars verwerp. Nederlands is as die algemeen aanvaarde kultuurtaal beskou. Dit was die formele skryftaal, kerktaal, bestuurstaal, onderwystaal en die taal van die pers. Nederlands het hoë aansien geniet en is as 'n deftige statustaal beskou. Afrikaans is as 'n taal beskou wat die stempel van onkunde dra. Hoofregter J.H. de Villiers was in 1876 van mening dat 'n Afrikaanse Bybel, soos voorgestaan deur die Patriotmanne, onvanpas was, omdat die Afrikanerbevolking Nederlands in elk geval verstaan.A. de Villiers: Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika, Kaapstad, 1936, bl.97 Dieselfde regter was al op 13 Mei 1875 in Kaapstad van mening dat indien dit die bedoeling van die GRA en Patriotmanne was om Nederlands met Afrikaans te vervang, dit later sou blyk 'n groot "misslag" te wees en die beweging uiteindelik 'n mislukking sou word, omdat die bevolkingsgrootte van die Afrikaners te klein was.A. de Villiers: Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika, Kaapstad, 1936, bl.36
Artikels in die Nederlandstalige pers het neerhalend na Afrikaans verwys. In De Zuid-Afrikaan is na Afrikaans as 'n "corruptie", "een mengelmoes van onzin en dwaasheid" verwys, wat niks anders sou wees as "een caricatuur van de gemeene wijze waarop die Mozambiekers op onze straten spreken en n.b. meestal geschreven wordt door uitlanders, die noch ons volk, noch ons land kennen".Van Rensburg (1997), bl. 44 Di Afrikaanse Patriot, mondstuk van die GRA, is as 'n "vod", 'n "Prulblad" en 'n "Hottentot Courant" beskryf.
Die meeste Afrikaners het Afrikaans op daardie tydstip insgelyk as 'n uiters minderwaardige taalvorm beskou. Vir hulle was dit 'n taal sonder grammatika; 'n Hottentotstaal; 'n wartaal; 'n mengelmoes vol onsin en dwaashede en 'n taal wat by skaapkrale en in die kombuis hoort.
Afrikaans en nasionalisme Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal naas Engels, vind op 8 Mei 1925 plaas.https://www.parliament.gov.za/press-releases/media-statement-sport-and-culture-committee-chairperson-celebrates-100th-anniversary-afrikaans-language Volgens Wet 9 van 1925, is Afrikaans toe aan Nederlands gelykgestel, maar in die praktyk het die ondersteuners van D.F. Malan Nederlands op 'n despotiese manier met Afrikaans vervang.J.J. le Roux: Handleiding in het Afrikaans voor Nederlanders. Amsterdam: S.L. van Looy. 1921. bl. 4.