duimnael|250px|Johnny Clegg tydens 'n konsert in Frankryk in 2007.
Johnny Clegg (OIS; 7 Junie 1953 - 16 Julie 2019) was 'n Britsgebore Suid-Afrikaanse mbaqanga- en Afropop-musikant en voormalige anti-apartheidsaktivis. Hy was 'n lid van die musiekgroepe Juluka en Savuka. Hy is ook bekend as Le Zoulou Blanc (Die wit Zoeloe). Sy treffers sluit in "Scatterlings of Africa", "Impi" en "Spirit of the Great Heart".
Deur sy musiek, maar ook deur die karakter van Juluka en Suvuka self, versprei hy die boodskap van rasseharmonie. Hiervoor is verskeie eredoktorsgrade en humanitêre pryse aan hom toegeken, onder meer die Chevalier des Arts et Lettres van die Franse regering (1991), die Orde van Ikhamanga van die Suid-Afrikaanse regering (2012) en eredoktorsgrade in musiek van die Universiteit van die Witwatersrand (2007) en die Universiteit van KwaZulu-Natal (2013).
Lewensloop Jonathan Clegg is op 7 Junie 1953 in Bacup, Lancashire in Engeland gebore. Hy was die seun van 'n Engelse pa en Rhodesiese ma. Sy ma se familie was Joodse boere wat van Litoue en Pole na Suid-Rhodesië geïmmigreer het. Clegg groei in Engeland, Israel, Rhodesië (tans Zimbabwe) en Zambië op, voordat hy hom in 1965 in Johannesburg vestig en in Zoeloe-straatmusiek en tradisionele Zoeloe-danse geïnteresseer raak. As jong man kombineer hy sy musikale loopbaan met sy studie in antropologie. Nadat hy afstudeer gee hy 'n tyd lank aan die Universiteit van die Witwatersrand klas, waar hy deur die werk van die Suid-Afrikaanse antropoloog Andrew Webster, wat in 1989 vermoor is, beïnvloed is.
Clegg stig in 1976 die musiekgroep Juluka (Afrikaans: "Sweet") saam met Sipho Mchunu, wat met ’n unieke vermenging van Westerse en Zoeloeklanke vorendag kom. In die apartheidsjare was dié soort samewerking egter moeilik. Om naam te maak het hulle oorsee begin toer. Die groep ontbind in 1985 omdat Mchunu huis toe moes gaan om sy pa by te staan.
Later tree hy saam met die groep Suvuka (Afrikaans: "Ons is ontwaak") op. Hulle eerste album, Third World Child, was 'n reuse internasionale sukses in 1987 (veral in Frankryk) gewees.
Vanaf die middel van die 1990's werk Clegg en Mchunu weer saam en Juluka bring weer 'n album uit. Clegg het daarna gereeld toere na Europa en Noord-Amerika onderneem.
Diskografie van Juluka
Studio-albums 1977: World Network 9 (Duo Juluka/Ladysmith Black Mambazo,1992) 1979: Universal Men 1981: African Litany 1982: Ubuhle Bemvelo 1982: Scatterlings 1983: Work For All 1984: Stand Your Ground 1984: Musa Ukungilandela 1984: The International Tracks 1991: Best of Juluka 1997: Crocodile Love / Ya Vuka Inkunzi 2005: Heart of the DancerJohnny Clegg Discography, www.johnnyclegg.com. Besoek op 20 Julie 2019.
Diskografie van Savuka
Albums 1987: Third World Child 1988: Shadow Man 1989: Cruel, Crazy, Beautiful World 1993: Heat, Dust and Dreams
Ander 1991: Scatterlings of Africa (heropgeneem deur Savuka) 1994: Live And Rarities 2002: My African Dream – The Best of Johnny Clegg & Savuka
Diskografie van Johnny Clegg
Albums 1985: Third World Child 1988: Le Rock Zoulou de Johnny Clegg & Sipho Mchunu 2002: New World Survivor 2006: Heart of the Dancer 2006: One Life 2010: Human 2017: King of TimeDiscogs: Johnny Clegg – King Of Times, www.discogs.com. Besoek op 20 Julie 2019.
Lewendige albums 1986: The Good Hope Concerts 2003: A South African Story – Live At The Nelson Mandela Theatre 2003: Best of Live
DVD's 2003: Live! and more... 2006: Johnny Clegg Live at the Nelson Mandela Theatre 2010: Johnny Clegg 30th Anniversary Concert at Emmarentia Dam
Klankbane 1988: Rain Man 1990: Opportunity Knocks 1991: Career Opportunities 1992: The Power of One 1992: FernGully: The Last Rainforest 1997: George of the Jungle 2004: The Lion King 3: Hakuna Matata 2007: Goodbye Bafana 2009: Invictus 2011: Jock the Hero DogIMDb: Johnny Clegg (1953–2019) Soundtracks, Internet Movie Database. Besoek op 20 Julie 2019.
Enkelspelers (Johnny Clegg & Savuka) 1987: Scatterlings of Africa 1988: Asimbonanga (Mandela) 1988: I Call Your Name 1988: Cruel, Crazy, Beautiful World
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse dansers Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse sangers Kategorie:Kitaarspelers Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 2019