Dubhe (ook bekend as Alpha Ursae Majoris of α UMa) is ondanks sy Bayer-aanwysing van alpha die tweede helderste ster in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major).

Sterstelsel thumb|links|α Ursae Majoris A en sy dowwe metgesel. Dubhe is een van die twee sterre in die Groot Beer wat na die noordpoolster, Polaris, wys. Dit is sowat 123 ligjare van die Son af en is ’n spektroskopiese dubbelster, wat bestaan uit α Ursae Majoris A en α Ursae Majoris B. Eersgenoemde is die primêre ster, ’n reusester wat weg van die hoofreeks geëvolueer het nadat dit die waterstof in sy kern opgebruik het. Die sekondêre ster, B, is ’n hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van F0 V. Dit is in ’n wentelbaan van 44,4 jaar sowat 23 AE van die hoofster af.

Daar is nog ’n spektroskopiese dubbelster 8 boogminute van dié sterre af, twee sterre van die 7de magnitude en spektraalklas F8. Dit word soms α Ursae Majoris C genoem, maar word apart gekatalogiseer as HD 95638.

Dubhe varieer teen omtrent ’n duisendste van ’n magnitude. Hoewel dit in die Groot Beer lê, is dit nie deel van die Ursa Major-groep sterre wat saam deur die ruimte beweeg nie.

Name Die ster se Bayer-naam is "Alpha Ursae Majoris". Die tradisionele name is "Dubhe" en "Ak". Dubhe kom van die Arabies vir "beer, dubb, van die frase ظهر الدب الاكبر żahr ad-dubb al-akbar, "die rug van die groter beer". Die seldsamer Ak beteken "die oog".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam Dubhe vir α Ursae Majoris A goedgekeur omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het eerder as aan groepe sterre.

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:F-tipe hoofreekssterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Groot Beer