Jack Mekler (4 Maart 1932 – 1 Julie 2019) was 'n Suid-Afrikaanse maraton- en ultra-maratonatleet. Hy het sy lewe as jongmens in die Arcadia-kinderhuis in Parktown, Johannesburg deurgebring en skoolgegaan by die Parktown Boys High School. Hy het op die ouderdom van 13 begin hardloop.
Comrades-maraton Hy het die Comrades-maraton vyf keer gewen sowel as ander maratons oor die wêreld heen. Hy het dit vermag in 1958, 1960, 1963, 1964 en 1968. Hy het in 1952 aan sy eerste Comrades-maraton deelgeneem. Gedurende sy eerste ses jaar as padwedloper was sy resultate wisselvallig. Na mediese toetse is 'n ystertekort by hom gediagnoseer. Met die regte dieet het sy vertonings baie beter.
Mekler het ook die Springbokke verteenwoordig in Finland, Kanada en Engeland. Hy het in 1969 opgehou met mededingende kompetisies.
Elke jaar word die Jackie Mekler padwedloop in Germiston oor 25 km ter ere van hom gehou.
Hy het begin werk as 'n drukkersassistent, vinnig opgang gemaak en later die besturende direkteur van Penrose Press in Johannesburg geword.
Hy word oorleef deur sy vrou, Margie, twee dogters en twee kleinkinders.
Bronne Die man wat hom vry hardloop. Rapport. 14 Julie 2019
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Comrades-marathon-manswenners