duimnael|Valiant-klas duikboot in 1986 Die Valiant-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot. Alhoewel Groot-Brittanje se eerste kernaangedrewe duikboot, HMS Dreadnought, nog onder konstruksie was kon die lesse reeds geleer oorgedra word na die ontwikkeling van die twee Valiant-klas duikbote: HMS Valiant en HMS Warspite. Die Valiant-klas duikbote is ontwerp om stiller te wees. Die Dreadnought het 'n Amerikaans vervaardigde kernreaktor gebruik terwyl die Valiant-klas duikbote die eerste duikbote was wat Brits vervaardigde kernreaktors gebruik het. Die kernreaktors is deur Rolls-Royce en die Atomic Energy Authority ontwikkel by Dounray, Skotland.

Valiant was in diens gestel in Junie 1966 as deel van die Derde Duikboot Eskader te Faslane. Soos die Dreadnought het sy ook die 19 312 km onderwater vaart na Singapoer voltooi. Sy het dit vermag in 28 dae, 'n nuwe rekord vir sy tyd. Die Valiant se susterskip, die Warspite in April 1967 in diens gestel. Beide duikbote het 'n lang operasionele leeftyd gehad grootliks omrede Brittanje besig was met die ontwikkeling van die Resolution-klas duikbote. Dit het tot gevolg gehad dat Valiant 1 068 148 km en 53 840 ure in sy logboek kon toon. Die werkslading het egter sy tol geëis in Junie 1994 het Valiant enjin probleme ondervind op 'n terugtog vanaf Amerika en 'n maand later uit diens gestel.

Warspite het ook vir 'n lang tydperk aanhoudende diens verrig; in April 1976 het daar egter 'n brand aan boord uitgebreek wat haar vir twee jaar uit diens gestel het. Nadat sy herstel was, is die duikboot na die Falkland-eilande gestuur as deel van die Britse Taakmag toe die Falklandoorlog uit gebreek het. Sy het daarna nog vir nege jaar diens gedoen voor haarlyn krake in die primêre verkoeling stelsel ontdek is. Die duikboot is onmiddellik uit diens gestel.

Konstruksie Program Wimpelnommer Naam (a) Rompbouer(b) Hoof masjinerie vervaardiger Bestelling ontvang Kiel gelê Te water gelaat Aanvaardingvir diens In diens gestel Uit diens gestel Beraamdeboukoste"Unit cost, i.e. excluding cost of certain items (e.g. aircraft, First Outfits)." Text from Defences Estimates S102 HMS Valiant (a) Vickers Ltd, Shipbuilding Group, Barrow-in-Furness (b) Vickers Ltd, Engineering Group, Barrow-in-Furness(b) Rolls Royce and Associates Ltd.Defence Estimates, 1967-68, page 75, List and particulars of new ships which have been accepted or are expected to be accepted into HM service during the Financial Year ended 31st March 1967 31 Augustus 1960 Moore, John, Janes Fighting Ships 1982-83, pub Jane's Publishing, 1982, page 547. 21 Januarie 1962 Gardiner, Robert Conway's All the World's Fighting Ships 1947-1995, pub Conway Maritime Press, 1995, page 530. 3 Desember 1963 Julie 1966 18 Julie 1966 12 Augustus 1994 £25,300,000 S103 HMS Warspite (a) Vickers Ltd, Shipbuilding Group, Barrow-in-Furness (b) Vickers Ltd, Engineering Group, Barrow-in-Furness(b) Rolls Royce and Associates Ltd.Defence Estimates, 1968-69, page 75, List and particulars of new ships which have been accepted or are expected to be accepted into HM service during the Financial Year ended 31st March 1968 12 Desember 1962 10 Desember 1963 25 September 1965 April 1967 18 April 1967 1991 £21,455,000

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Valiant-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 4 232 metrieke ton Verplasing (onderwater) 4 800 metrieke ton Lengte 86.9 m Breedte 10.1 m Aandrywing Rolls-Royce, Hoëdruk-water reaktor,2 x English Electric stoomturbines 11,185.5 kW1 x Paxman diesel-elektriese generator Spoed (oppervlak) 20.0 knope Spoed (onderwater) 28.0 knope Bemanning 116 persone Wapens 6 x 533 mm torpedo buise in boeg24 torpedo's

Bron THE ILLUSTRATED ENCYCLOPEDIA OF DESTROYERS FRIGATES & SUBMARINES, Bernard Ireland and John Parker, 2015,

Verwysings

Kategorie:Duikbote