duimnael|Churchill-klas duikboot: HMS Courageous Die Churchill-klas duikboot was 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat slegs torpedo's gedra het en seemyne kon lê. Hierdie klas was 'n voortsetting van die ontwikkeling van die Valiant-klas duikbote; laasgenoemde is gestaak sodat die Resolution ballistiese-missielduikbote ontwikkel kon word. Daar is drie duikbote van dié klas gebou. Die Churchill en Courageous is deur Vickers gebou en die Conqueror deur Cammell Laird. Die leier in die klas is genoem na Winston Churchill wat as "First Lord of the Admiralty" die ontwikkeling van duikbote aangemoedig het. Hy was ook 'n voorstaander dat duikbote name kry in stede van nommers.
Die Churchill-klas het vele verbeteringe ontvang met die ondervinding wat uit die ontwikkeling van die Dreadnought- en Valiant-klasse opgedoen is, veral met die wapens aanboord. Die klas was geoormerk om die Amerikaanse Mk 48 torpedo te gebruik asook die Sub-Harpoon antiskeepsmissiele. Laasgenoemde was egter net in die Courageous geïnstalleer.
Die Churchill-duikbote het aktiewe diens verrig tydens hul operasionele loopbaan; die bekendste insident is die kelder van die ARA General Belgrado deur die Conqueror tydens die Falklandoorlog.
HMS Churchill en HMS Conqueror is uit diens onttrek in 1990 en HMS Courageous in 1992.
Konstruksieprogram Wimpelnommer Naam (a) Rompvervaardiger (b) Hoof- masjinerievervaardigers Datum bestel Kiel gelê Te water gelaat Aanvaarding In diens gestel Uit diens gestel Beraamde boukoste"Unit cost, i.e. excluding cost of certain items (e.g. aircraft, First Outfits)." Text from Defences Estimates S46 Churchill (a) Vickers Ltd, Shipbuilding Group, Barrow-in-Furness (b) Vickers Ltd, Engineering Group, Barrow-in-Furness(b) English Electric Co Ltd (turbines).Defence Estimates, 1971–72, page XII-81, Table V: List and particulars of new ships which have been accepted or are expected to be accepted into HM service during the Financial Year ended 31st March 1971 21 Oktober 1965 Moore, John, Janes Fighting Ships 1982–83, pub Jane's Publishing, 1982, page 547. 30 Junie 1967 Gardiner, Robert Conway's All the World's Fighting Ships 1947–1995, pub Conway Maritime Press, 1995, page 530. 20 Desember 1968 Julie 1970 15 Julie 1970 28 Februarie 1991 £24 780 000 S48 Conqueror (a) Cammell Laird & Co (Shipbuilders and Engineers) Ltd, Birkenhead (b) Vickers Ltd, Engineering Group, Barrow-in-Furness(b) English Electric Co Ltd (turbines).Defence Estimates, 1972–73, page XII-92, Table V: List and particulars of new ships which have been accepted or are expected to be accepted into HM service during the Financial Year ended 31st March 1971 9 Augustus 1966 5 Desember 1967 28 Augustus 1969 November 1971 9 November 1971 2 Augustus 1990 £29 319 000 S50 Courageous (ex-Superb) (a) Vickers Ltd, Shipbuilding Group, Barrow-in-Furness (b) Vickers Ltd, Engineering Group, Barrow-in-Furness(b) English Electric Co Ltd (turbines). 1 Maart 1967 15 Junie 1968 7 Maart 1970 November 1971 16 Oktober 1971 10 April 1992 £24 858 000
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Churchill-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 4 133 metrieke ton Verplasing (onderwater) 4 822 metrieke ton Lengte 86,9 m Breedte 10,1 m Aandrywing 1 x Rolls-Royce PWR kernreaktor2 x General Electric stoomturbines 11 185,5 kW1 x Paxman diesel Spoed (oppervlak) 22 knope Spoed (onderwater) 28 knope Bemanning 103 lede Wapens 6 x 533 mm x torpedobuise in boeg26 x torpedo's en/of seemyne
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Verwysings
Kategorie:Duikbote