Simoné Pretorius (neé Nortmann, gebore op 18 Mei 1990), is 'n film-, televisie- en teateraktrise, wat bekendheid verwerf het vir haar rol van Irma Humpel in die Afrikaanse rolprent, Vir die Voëls, in 2016. Met hierdie rol het sy haar gevestig as professionele aktrise en het ook internasionale erkenning ontvang.

Sy is ook bekend as Jony in die kykNET-komedie, Hotel, waarvoor sy genomineer is as beste aktrise in 'n komediereeks, 2018 – deur die Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings. Sy het haar debuut gemaak op televisie as Nadia Croukamp in die sepie 7de Laan vanaf 2013–2015, waarvoor sy ook die toekenning "Beste Nuweling" by die Royalty Soapy Awards in 2014 gekry het.

Vroeë lewe Simoné is in Pretoria gebore en kom uit 'n Afrikaanse omgewing en woon tans in Johannesburg saam met haar man, Andries Levi Pretorius, 'n entrepreneur en boekhouer. Albei haar ouers het diens gedoen in die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Haar pa, Hannes Nortmann, het aan die Suid-Afrikaanse Grensoorlog deelgeneem en is vereer met die Honoris Crux-medalje vir dapperheid in 1988. Nortmann is die enigste kind van haar ouers, wat geskei is toe sy vier jaar oud was.

Haar ma, Tinkie Nortmann, het haar dogter se potensiaal raakgesien toe sy eendag op 'n toonbank van 'n KFC-kitskosrestaurant klim om die ander klante te vermaak. Nortann is 'n gebore leier en was die hoofmeisie van haar laerskool asook by Hoërskool Centurion waar sy gematrikuleer het met sewe onderskeidings. Sy het haar BA Drama en Teaterstudie-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal in 2012.

Loopbaan

Film Toe haar kontrak by 7de Laan verstryk het in 2015, het Nortmann 'n drieweeklange toneelwerkswinkel bygewoon by Diane Venora in Kalifornië. Kort nadat sy terug is in Suid-Afrika het sy haar eerste filmrol gekry as die hoofrol, Irma Humpel, in Huisgenoot se bekroonde film, Vir die Voëls, 2016. Vir hierdie rol het sy internasionale erkenning ontvang by die Tallgrass International Film Festival waar sy die toekenning vir Beste Aktrise in 2017 gewen het – uit hierdie geleentheid spruit ook nog 'n geleentheid, waar sy genooi is om deel te wees van 'n paneelbespreking deur vroulike filmmakers.

Nortmann het ook by die Huisgenoot Tempo-toekennings die toekenning vir Beste Aktrise gewen vir haar rol in Vir die Voëls. Geleidelik het al hoe meer geleenthede oor haar pad gekom om in nog films te speel, onder andere: Vuil Wasgoed (2017), Stroomop (2018) en Wonderlus (2018).

Televisie Nortmann het haar debuut op televisie gemaak in die gewilde Afrikaanse sepie, 7de Laan, in 2013. Sy het die rol van Nadia Croukamp vertolk waarvoor sy die toekenning as Beste Nuweling ontvang het by die Royalty Soapy Awards in 2014. Ander televisierolle sluit ook kykNET se komedie, Hotel, in en tans is sy te sien as Suster René Spies in die kykNET-sepie, Binnelanders.

Teater Nortmann was deel van The Sound of Music as Liesl von Trapp by die Welling-teater in 2011. Sy het ook aan verskeie ander produksies deelgeneem, waarvan een ook 'n solovertoning was, Please Leave a Message, wat regoor Suid-Afrika getoer het in 2017 en 2018.

Toekennings en nominasies JaarToekenningKategorieProduksieUitslag2014Royalty Soapie AwardsBeste Nuweling7de LaanNominasie2015Huisgenoot Tempo-toekenningsBeste Nuweling7de LaanNominasie2017Tallgrass International Film FeesBeste AktrisieVir die VoëlsWenner2017Huisgenoot Tempo-toekenningsAktrise van die jaarVir die VoëlsWenner2018South African Film and Television Awards (SAFTAS)Beste Aktrise in 'n televisie-komedieHotelNominasie

Afrigting Nortmann het haar eie toneelwerkswinkel in 2017 begin, met die naam: Art of Acting South Africa.

Persoonlike lewe Op 20 Oktober 2018 het sy verloof geraak aan Andries Levi Pretorius, wie sy sedert 2011 ken. Die paartjie is op 23 Februarie 2019 getroud.

Filmografie Rolprente 2016: Vir die Voëls 2016: Vuil Wasgoed 2017: Stroomop 2018: Wonderlus

Televisiereekse 2016: Hotel

Verwysings

Bronnelys whom she has known since 2011. The two got engaged on 20 October 2018 and got married the following year on 23 February 2019.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch Kategorie:Afrikaners