Alpha Pictoris (afgekort as α Pic) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Skilder (Pictor). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,27, wat dit geredelik sigbaar met die blote oog maak. Volgens parallaksmetings is dit omtrent 97 ligjare van die Son af. Alpha Pictoris is uitsonderlik in die sin dat dit die suidpoolster van die planeet Mercurius is.

Eienskappe Met ’n geraamde ouderdom van 660 miljoen jaar is dit ’n relatief jong Lambda Boötis-ster. Sy sterreklassifikasie van toon hierdie uitsonderlikheid, met "kA6" wat ’n aanduiding is van swakker as normale kalsium K-lyne in sy spektrum. Die "n" ná die ligsterkteklas "V" dui aan die absorpsielyne in die spektrum is breed en newelagtig. Dit word veroorsaak deur die vinnige tolling van die ster, wat ’n hoë rotasiespoed van 206 km/s het. Spektroskopie toon smal, wisselende absorpsie-eienskappe wat veroorsaak word deur sirkumstellêre gas wat na die ster beweeg. Dit is nie die gevolg van interstellêre materie nie, maar ’n gasomhulsel op die ster se wentelvlak. Alpha Pictoris word gekategoriseer as ’n vinnig roterende skilster wat dalk onlangs massa uit sy buitenste atmosfeer gewerp het.

Alpha Pictoris is groter as die Son, met ’n massa van twee keer soveel en ’n radius van 60% groter. Sy ligsterkte is 13 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is . Dié hitte gee die ster die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster.

Data van die Hipparcos-sending dui aan dit kan ’n dubbelster wees met ’n metgesel wat met ’n halwe lengteas van sowat 1 AE om hom wentel (net so ver as wat die Aarde van die Son af is). Alpha Pictoris is ’n X-straalbron, wat ongewoon vir ’n A-tipe ster is. Die strale kom dalk van die metgeselster af.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Skilder (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:A-tipe hoofreekssterre