Eta Piscium (afgekort as η Psc) is ’n dubbelster en die helderste ligpunt in die sterrebeeld Visse (Pisces); dit het ’n skynbare magnitude van 3,6 en volgens parallaksmetings is dit sowat 350 ligjare van die Son af.

Die twee komponente word Eta Piscium A (amptelik bekend as Alpherg) en B genoem.

Name Die dubbelster se Bayer-naam is "Eta Piscium". Dit het die tradisionele name "Al Pherg" en "Kullat Nunu" gehad. Die tyd toe die dag-en-nag-ewening die Visse binnegegaan het, was die stelsel geleë in die eerste ekliptiese sterrebeeld van die Nieu-Babiloniërs, Kullat Nūnu (Nūnu is die Babiloniese woord vir "vis" en Kullat verwys na óf die emmer óf die koord wat die vis bymekaarhou. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) besluit om name eerder aan individuele sterre as stergroepe te gee en op 1 Junie 2018 het dit die naam "Alpherg" vir die komponent Eta Piscium A goedgekeur.

Eienskappe Op die huidige afstand word die stelsel se skynbare magnitude met ’n faktor van verdof vanweë interstellêre ruimtestof.

Die amateursterrekundige S.W. Burnham het in 1878 ontdek Eta Piscium is ’n dubbelster. Die komponente wentel rofweg elke 850 jaar om mekaar met ’n halwe lengteas van 1,2 boogsekondes en ’n wentelbaan-eksentrisiteit van 0,47.

Die primêre ster, A, is ’n geëvolueerde G-tipe reusester met ’n skynmagnitude van 3,83 en ’n sterreklassifikasie van G7 IIIa. Dit het ’n swak magneetveld en is ’n Gamma Cassiopeiae-veranderlike. Komponent B het ’n skynmagnitude van 7,51.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Visse (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe 187642 Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:G-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre