Quentin Meillassoux (Parys, 1967Quentin Meillassoux - CIEPFC : Centre International d'Etude de la Philosophie Française Contemporaine. Besoek op 29 Februarie 2012.) is 'n Franse filosoof. Hy onderrig tans by die École Normale Supérieure en is die seun van die antropoloog Claude Meillassoux. Hy is die hoofvoorstander van die spekulatiewe realisme.

Lewe en werk Meillassoux is 'n student van die filosoof Alain Badiou, wat ook die voorwoord vir Meilassoux se eerste werk Après la finitude (2006) geskryf het., Après la finitude. Essai sur la nécessité de la contingence, Parys, Seuil, coll. L'ordre philosophique, 2006 (voorwoord deur Alain Badiou). Hy was ook 'n student aan die Lycée Louis-le-Grand. Badiou voer aan dat Meilassoux in hierdie werk 'n hele nuwe pad vir kontemporêre filosofie uitlê, anders as Immanuel Kant se drie alternatiewe van kritiek, skeptisisme en dogmatisme., Après la finitude. Essai sur la nécessité de la contingence, bl. VII.

Meillassoux verklaar in hierdie boek dat die filosofie na Kant oorheers word deur wat Meillassoux noem "korrelasie-isme", wat die idee beskryf dat die mens nie kan bestaan sonder die wêreld of die wêreld sonder die mens nie., Après la finitude. Essai sur la nécessité de la contingence, bl. 5. Meillassoux argumenteer egter dat dit 'n onregverdige stap is, waardeur die filosofie die probleem van hoe om die wêreld te beskryf soos dit regtig is, opsy kan sit. Na aanleiding van Badiou en sy belangstelling in wiskunde, meen Meillassoux dat dit juis met wiskunde is dat ons die primêre eienskappe (soos ekstensiwiteit, massa, ...) van die wêreld kan bereik, in teenstelling met persepsie, wat slegs die sekondêre eienskappe (soos kleur, reuk, ...) behaal.

Daarbenewens probeer Meillassoux ook aan te toon dat hierdie "agnostiese skeptisisme", wat sê dat ons nie seker kan weet of daar so iets as oorsaaklikheid bestaan nie, in die radikale sekerheid omskep moet word, dat daar nie iets so 'n oorsaaklikheid is nie. Hy verklaar verder dat dit gevolglik noodsaaklik is dat alle natuurwette voorwaardelik is. Die wêreld is 'n soort groot chaos waarin die wet van voldoende grond verlaat moet word, alhoewel die wet van nie-teenstrydigheid steeds van toepassing is.

Om hierdie redes verwerp Meillassoux die klassieke metafoor van Kant se Koperniese-revolusie in die filosofie. Dit is immers Kant wat die wêreld laat afhang van hoe mense dit waarneem, wat tot die Duitse idealisme gelei het. Meillassoux praat van sy eie werk as 'n "Ptolemaïese- teenrevolusie".

Bibliografie

• MEILLASSOUX, QUENTIN, Après la finitude. Essai sur la nécessité de la contingence(Parys, Le Seuil, 2006)

• MEILLASSOUX, QUENTIN, Le nombre et la sirène'. Un déchiffrage du Coup de dés de Mallarmé (Fayard, 2011)

Verwysings

Eksterne skakels Conférences met Meillassoux

Interview met Meillassoux

Notas

Kategorie:Franse filosowe Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Filosowe in die 21ste eeu