200px 200px Alcantara is 'n handelsmerk vir 'n mikrovesel-vliesstof wat van poliëster en poliuretaan vervaardig word. Die stof het 'n voorkoms en tekstuur wat baie op dié van Sweedse leer lyk en voel ook so aan. Die materiaal het asemhalende en anti-allergiese eienskappe, is waterwerend en brandtraag, en kan in 'n oneindige verskeidenheid van effens glansende kleure, met diktes van tussen 0,4 en 1,2 millimeter, vervaardig word. alcantara.com: Material. Besoek op 23 Junie 2019 Net soos ander mikrovesels is ook Alcantara só fyn dat 'n 10 000 meter lange vesel minder as 1 gram weeg. leder-info.de: Das Leder-Lexikon - Alcantara. Besoek op 23 Junie 2019 duimnael|links|Die sleutelbord-oppervlak van Microsoft se luukse skootrekenaar Surface Laptop 2 is met Alcantara oortrek Die stof is in 1970 deur Miyoshi Okamoto, 'n wetenskaplike in diens van die Japannese chemiese onderneming Toray Industries, ontwikkel. In 1972 het Toray en die Italiaanse chemiese maatskappy ENI 'n gesamentlike onderneming gevestig, Alcantara SpA in die Umbriese stad Terni, wat die nuwe mikroveselstof begin vervaardig en internasionaal versprei het.
Alcantara word deur middel van die ekstrusieproses, teen 'n hoë temperatuur en onder hoë druk vervaardig. stoff4you.de: Was ist Alcantara? Besoek op 23 Junie 2019 Weens die ingewikkelde en tydintensiewe proses, wat benodig word om baie dun en sagte vesels te verkry, hou Alcantara geen prysvoordele teenoor natuurlike leer in nie, maar kan makliker verwerk word met minder afval. Dit is bowendien duursamer as leer.
Alcantara word gebruik vir die vervaardiging van klere, vir meubels en die interieur van motors in die hoër pryssegment. Meubels en motorsitplekke, wat met Alcantara oortrek is, is meer bestand teen wrywing as natuurlike leer en hou dus langer. Alcantara is nogtans minder vlekbestand as egte leer. Vlekke uit ouer Alcantara-oortreksels kan nie maklik verwyder word nie en laat in elk geval meer of minder sigbare spore. Schöner Wohnen: Alcantara – schöne Alternative zu Leder. Besoek op 23 Junie 2019
Verwysings
Kategorie:Tekstiele