Y Sagittarii is ’n veranderlike ster in die sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius). Dit is ’n Cepheïed met ’n skynbare magnitude van 5,77 en is die derde helderste ster in die sterrebeeld, naas X Sagittarii en W Sagittarii. Dit is sowat 1 293 ligjare van die Son af.

Eienskappe Y Sagittarii se skynbare magnitude wissel in ’n periode van 5,7736 dae tussen 5,25 en 6,24. Sy sterreklassifikasie is F8II en sy effektiewe temperatuur 5 370 K. Sy radius is 50 keer dié van die Son en sy massa ses keer die Son s’n. Dit het ’n rotasiespoed van 16 km/s en ’n metaalinhoud soortgelyk aan die Son s’n: sowat 0,05. Daar is ’n effens oorvloed van koper, sink, yttrium en natrium – omtrent dubbel soveel as in die Son ([Na/H] = 0,27).

Dubbelster Daar is getuienis dat Y Sagittarii ’n spektroskopiese dubbelster kan wees. ’n Wentelperiode van 10 000 tot 12 000 dae is vir die stelsel voorspel.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld) Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:F-tipe helder reuse Kategorie:Veranderlike sterre