Beta Hydri (afgekort as β Hyi) is ’n ster in die sterrebeeld Suidelike Waterslang (Hydrus). Met ’n skynbare magnitude van 2,8 is dit die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is sowat 24,33 ligjare van die Son af.

Die ster se massa is sowat 104% van dié van die Son en sy radius 181% van die Son s'n, maar sy ligsterkte is drie keer dié van die Son. Sy sterreklassifikasie is G2 IV, met die ligsterkteklas IV wat aandui dit is ’n subreus. Dit is dus ’n bietjie verder geëvolueer as die Son en die waterstof in sy kern begin opraak. Dit is een van die oudste sterre in ons nabyheid. Die ster toon ooreenkomste met hoe die Son in die verre toekoms kan lyk en dit maak dit ’n voorwerp van belangstelling onder sterrekundiges.

Planeetstelsel? In 2002 het Endl et al. aangedui daar kan ’n onsigbare metgesel wees wat om Beta Hydri wentel, met ’n periode van meer as 20 jaar. ’n Substellêre voorwerp soos ’n planeet met ’n minimum van 4 jupitermassas op ’n afstand van rofweg 8 AE kan die waargenome neiging verduidelik. Tot dusver is geen metgeselvoorwerp nog vir seker waargeneem nie.

Dit kan ook wees dat die ster se radiale snelheid op lang termyn veroorsaak word deur sy magnetiese siklus.

Verwysings

Eksterne skakels

Stellar Activity - Beta Hydri 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Suidelike Waterslang Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:G-tipe subreuse