Jeannine Auboyer (1912 - 1990) was 'n Franse kurator van die Musée Guimet (1965–80) in Parys wat verskeie Argeologiese ekspedisies na Indië en Kambodja onderneem het en ook verskeie Franstalige geskiedenisboeke geskryf het. Sy is veral bekend vir haar boek, Daaglikse Lewe in Antieke Indië (Frans: La Vie quotidienne dans l'Inde ancienne), te wete 'n oorsig van antieke Indiese rituele en gebruike, waarvan baie vandag nog voorkom in die Indiese samelewing.
Verwysings
Kategorie:Franse geskiedkundiges Kategorie:Argeoloë Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1990