Alpha Indi (afgekort as α Ind) is ’n ster in die sterrebeeld Indiër en is sowat 98 ligjare van die Son af. Sy sterreklassifikasie is K0 III-IV, en dit het dus die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer. Sy massa is dubbel dié van die Son en dit is na raming 1 miljard jaar oud. As ’n reusester het dit uitgesit tot 12 keer die Son se radius. Sy effektiewe temperatuur is 4 893 K, en dit het dus die oranje kleur wat tipies is van ’n K-tipe ster.

Dit kan twee nabygeleë M-tipe metgeselle hê wat minstens 2 000 AE van die hoofster af is.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Indiër (sterrebeeld)