Alpha Lacertae (afgekort as α Lac) is ’n ster in die sterrebeeld Akkedis (Lacerta) en sowat 103 ligjare van die Son af. Met ’n skynbare magnitude van 3,76 is dit die Akkedis se helderste ster. Die ster beweeg teen ’n radiale snelheid van nader aan ons.
Dit is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van A1 V, wat beteken dit verbrand nog waterstof in sy kern. Die ster is sowat 400 miljoen jaar oud en het ’n relatief vinnige rotasiespoed van sowat 128 km/s. Sy massa en radius is sowat 2,1 keer die Son s'n. Sy ligsterkte is amper 28 keer dié van die Son en dit het ’n effektiewe temperatuur van 9 050 K. Die ster se Bayer-naam is "Alpha Lacertae" en sy Flamsteed-naam is "7 Lacertae".
Alpha Lacertae het ’n visuele metgesel 36 boogsekondes van hom af. CCDM J22313+5017B is van spektraaltipe A en het ’n skynbare magnitude van 11,8. Dit is waarskynlik ’n optiese toeval.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:A-tipe hoofreekssterre Kategorie:Akkedis (sterrebeeld)