12 Canis Majoris is ’n veranderlike ster 184 ligjare van die Son af in die suidelike sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Dit het die veranderlikesternaam HK Canis Majoris (12 Canis Majoris is sy Flamsteed-naam). Met ’n skynbare magnitude van 6,07 is dit net-net met die blote oog sigbaar as ’n dowwe, blouwit ster. Dit beweeg weg van die Son teen ’n radiale snelheid van 16 km/s. Dit is die helderste ster in die nabyheid van die oop sterreswerm NGC 2287, hoewel dit na aanleiding van sy eiebeweging waarskynlik nie lid daarvan is nie.
Die ster het ’n sterreklassifikasie van B7 II/III, wat ooreenstem met dié van ’n B-tipe reus/helder reus. Dit is ’n magnetiese Bp-ster van die soort met min helium (CP4), met ’n spektrum wat getuienis toon van vertikale stratifikasie van helium in sy atmosfeer. Samus et al. (2017) klassifiseer dit as ’n SX Arietis-veranderlike met ’n helderheid wat oor ’n periode van 2,18045 dae wissel van magnitude 6,00 tot 6,05.
Die ster se massa is 1,25 keer dié van die Son en sy radius 2,73 keer die Son s’n. Sy ligsterkte is 498 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is 6 500 K.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Groot Hond Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe helder reuse Kategorie:B-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre