Beta Camelopardalis (afgekort as β Cam) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Kameelperd (Camelopardalis). Met ’n skynbare magnitude van 4,02 is dit dofweg met die blote oog te sien. Dit is sowat 870 ligjare van die Son af en beweeg nader teen ’n radiale snelheid van -190 km/s.

Die ster is ’n G-tipe superreus van spektraaltipe G1 Ib–IIa. Dit is na raming 60 miljoen jaar oud en draai met ’n spoed van sowat 11,7 km/s. Dit is ’n besonder vinnige rotasiespoed vir ’n geëvolueerde ster van hierdie soort. Een moontlike verklaring is dat dit ’n nabygeleë reuseplaneet soos ’n warm Jupiter verorber het.

Beta Camelopardalis se massa is 6,5 keer dié van die Son en dit het uitgesit tot sowat 58 sonradiusse. Sy ligsterkte is 1 592 keer soveel as die Son s’n en dit het ’n effektiewe temperatuur van 5 300 K. Dit is ’n bron van X-strale.

β Cam het twee visuele metgeselle: ’n A5-tipe ster met ’n magnitude van 7 teen ’n skeidingshoek van 84 boogsekondes; en ’n ster met ’n magnitude van 12 teen 15 boogsekondes.

Verwysings

Eksterne skakels HR 1603 CCDM J05034+6026 Foto van Beta Camelopardalis 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:G-tipe superreuse Kategorie:G-tipe helder reuse Kategorie:Kameelperd (sterrebeeld)