Mia Gypsy Mello da Silva Goth (gebore 30 November 1993) is 'n Engelse aktrise. Nadat sy as tiener modelwerk gedoen het, het Goth haar debuut in die erotiese kunsfilm Nymphomaniac (2013 gemaak. Sy het erkenning verwerf met die rolprente The Survivalist (2015), High Life (2018), Suspiria (2018), en Emma (2020). Sy het 'n loopbaandeurbraak behaal vir haar rol as "Maxine Minx" en "Pearl" in die X film-reeks (2022–2024), wat haar as 'n "scream queen" gevestig het.

Vroeë lewe Mia Gypsy Mello da Silva Goth is gebore op 25 Oktober 1993 in Guy's Hospital in Londen, Engeland. Haar moeder is Brasiliaans en haar vader is Kanadees, oorspronklik van Nova Scotia. Haar oupa aan moederskant is Joods-Amerikaanse kunstenaar Lee Jaffe, en haar ouma aan moederskant is Brasiliaanse aktrise Maria Gladys.

Goth het na Brasilië verhuis toe sy twee weke oud was, want haar ma, wat toe 20 was, het hulp van haar familie nodig gehad om haar groot te maak. Hulle het teruggekeer na die Verenigde Koninkryk toe sy vyf was en het kortstondig na haar pa se geboorteland, Kanada, verhuis toe sy tien was. Daar het sy nege skole in 'n enkele skooljaar bygewoon; Goth het gesê dat die tydperk toe hulle by haar pa probeer woon het, baie moeilik was. Toe sy twaalf was, het sy en haar ma hulle in Suidoos-Londen gevestig, waar sy Sydenham-skool bygewoon het. Goth se ma het haar in 'n enkelouerhuishouding grootgemaak en as 'n kelnerin gewerk om hulle te onderhou.

Filmografie Rolprente Sleutel Dui films aan wat nog nie vrygestel is nie +Lys van film rolle Jaar Titel Rol Notas 2013 Nymphomaniac P Van Vol. II Afdeling: "The Gun" 2014 Magpie Die Meisie Kort film 2015 The SurvivalistMilja Everest Meg Weathers 2017 A Cure for Wellness Hannah Von Reichmerl Marrowbone Jane Marrowbone 2018 Suspiria Sara Simms High Life Boyse 2019 The Staggering Girl Young Sofia Moretti Kort film 2020 Emma Harriet Smith 2021 Mayday Marsha 2022 The House Mabel (stem) Afdeling: "I – And heard within, a lie is spun" X Maxine Minx / Pearl Pearl Pearl Ook skrywer 2023Infinity Pool Gabi Bauer 2024MaXXXineMaxine Minx Ook produsent TBAFrankenstein The BrideNog besig met verfilming

Video's 2014: Future Unlimited: Haunted Love

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse aktrises van die 21ste eeu