FC Eintracht Rheine is 'n sportklub uit Rheine in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n tennisafdeling.
Die klub het op 10 Junie 1994 ontstaan deur die samesmelting van VfB Rheine en SG Eintracht Rheine. Die klub het 'n ingewikkelde geskiedenis van samesmeltings, metVfB wat uit 18 voorgangers ontstaan het wat deur die jare sedert 1907 met mekaar saamgesmelt het en SG uit 5 voorgangers sedert 1920.
Die klub se beste prestasie was 'n derde plek op die punteleer van die Oberliga Wesfale in die 2001/02-seisoen. Verder het die klub in 2003 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal.
Onlangse ligaposisionering 1993-94 (V) Verbandsliga Wesfale NO 9de (As VfB Rheine) 1994-95 (V) V.liga Wesfale NO 3de 1995-96 (V) V.liga Wesfale NO 2de 1996-97 (V) V.liga Wesfale NO 3de 1997-98 (V) V.liga Wesfale NO 1ste 1998-99 (IV) Oberliga Wesfale 9de 1999-00 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2000-01 (IV) Oberliga Wesfale 7de 2001-02 (IV) Oberliga Wesfale 3de 2002-03 (IV) Oberliga Wesfale 5de 2003-04 (IV) Oberliga Wesfale 10de 2004-05 (IV) Oberliga Wesfale 9de 2005-06 (IV) Oberliga Wesfale 14de 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 11de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000
Rheine