1. FC Heidenheim 1846 is 'n sokkerklub uit Heidenheim an der Brenz in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland.
Die klub se geskiedenis begin met die stigting van die gimnastiekklub Turngemeinde Heidenheim op 14 Augustus 1846. Die klub het in 1852 ontbind, maar is met dieselfde naam heropgerig in 1861. In 1872 is die naam verander na Turnverein Heidenheim.
Die klub se sokkerafdeling is op 8 Julie 1911 begin en op 21 Augustus 1922 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as VfR 1911 Heidenheim. In 1936 het die swemklub Schwimmverein 04 Heidenheim met VfR saamgesmelt om VfL Heidenheim 04 te vorm. Na die Tweede Wêreldoorlog is die twee klubs afsonderlik in 1949 heropgerig – die swemmers onder hulle oorspronklike naam en die sokkerafdeling as VfL Heidenheim 1911.
Op 27 Mei 1972 het die klub met TSB 1846 Heidenheim saamgesmelt om Heidenheimer SB te vorm. TSB 1846 Heidenheim was die oorspronklike moederklub, wat intussen self deur 'n reeks samesmeltings gegaan het met 6 ander klubs. Die klub was een van die deelnemers aan die eerste seisoen van die nuutgestigde Oberliga Baden-Württemberg in 1978. In 2007 het die sokkerafdeling onafhanklik geraak as 1. FC Heidenheim 1846.
Die klub het in 1975, 1978 en 1980 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal.
Onlangse ligaposisionering 1990-91 (V) Landesliga St. 2 1ste 1991-92 (IV) Verbandsliga Württemberg 16de 1992-93 (V) Landesliga St. 2 1993-94 (V) Landesliga St. 2 1994-95 (VI) Landesliga St. 2 1995-96 (VI) Landesliga St. 2 1996-97 (VI) Landesliga St. 2 7de 1997-98 (VI) Landesliga St. 2 1ste 1998-99 (V) Verbandsliga Württemberg 3de 1999-00 (V) Verbandsliga Württemberg 5de 2000-01 (V) Verbandsliga Württemberg 10de 2001-02 (V) Verbandsliga Württemberg 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Württemberg 2de 2003-04 (V) Verbandsliga Württemberg 2de 2004-05 (IV) Oberliga BW 5de 2005-06 (IV) Oberliga BW 2de 2006-07 (IV) Oberliga BW 3de 2007-08 (IV) Oberliga BW 4de 2008-09 (IV) Regionalliga Suid 1ste 2009-10 (III) 3. Liga 6de 2010-11 (III) 3. Liga
Eksterne skakels Amptelike klubblad
3. Liga 2010/11-seisoen Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II - Eintracht Brunswyk - TuS Koblenz - Dynamo Dresden - SV Wacker Burghausen - SV Wehen - VfR Aalen - SSV Jahn Regensburg - FC Carl Zeiss Jena - SV Werder Bremen II - 1. FC Saarbrücken
Heidenheimer