Ludwigsfelder FC is 'n sokkerklub uit Ludwigsfelde in die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Die klub is in 1938 gestig as Rot-Weiß Ludwigsfelde en het veral werkers van die plaaslike Daimler-motorfabriek as lede getrek. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar in 1946 heropgerig as SG Vorwärts Ludwigsfelde. In 1952 is die klub herdoop, eers na BSG Aufbau Ludwigsfelde, toe na BSG Traktor Ludwigsfelde en in 1953 na BSG Motor Ludwigsfelde. Na die hereniging van Duitsland is die klub weer herdoop na SG Motor Ludwigsfelde. Op 30 Mei 1996 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Ludwigsfelder FC, die huidige naam.

Die klub het die Brandenburgischenpokal (Brandenburgbeker) in 2003 gewen en daarmee toegang gekry tot die hoofrondte van die DFB-Pokal, waar daar in die eerste rondte met 1-9 teen SV Werder Bremen verloor is.

Onlangse ligaposisionering 1990–1991 (VI) Bezirksliga Potsdam 5de 1993–1994 (VI) Landesliga Suid 8ste 1994–1995 (VI) Landesliga Noord 7de 1995–1996 (VI) Landesliga Noord 4de 1996–1997 (VI) Landesliga Suid 1ste 1997–1998 (V) Verbandsliga Brandenburg 11de 1998–1999 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de 1999-2000 (V) Verbandsliga Brandenburg 5de 2000-2001 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de 2001-2002 (V) Verbandsliga Brandenburg 2de 2002-2003 (V) Verbandsliga Brandenburg 4de 2003-2004 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste 2004-2005 (IV) Oberliga Nordoos-Noord 10de 2005-2006 (IV) Oberliga Nordoos-Noord 12de 2006-2007 (IV) Oberliga Nordoos-Noord 9de 2007-2008 (IV) Oberliga Nordoos-Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoenBerlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Ludwigsfelde