Frans-Guyana (Frans: Guyane, [ɡɥijan], ; Frans-Guyana-Kreools: Lagwiyann of Gwiyann, [la.ɡwi.jãn]) is 'n oorsese département (Frans: département d'outre-mer, of DOM) van Frankryk geleë aan die noordelike kus van Suid-Amerika. As deel van Frankryk is Frans-Guyana ook deel van die Europese Unie se grondgebied, word die euro as geldeenheid gebruik en geniet inwoners dieselfde regte as alle ander Franse burgers.Frans-Guyana word op alle euro banknote afgebeeld, op die rugkant aan die onderkant regs van die Griekse ΕΥΡΩ (EURO) langs die denominasie. Frans-Guyana verkies twee députés en een senator tot die Assemblée Nationale in Parys en word in die Europese parlement in Straatsburg verteenwoordig. The San Juan Star, Clamoring for freedom in French Guiana , 1 September 1997, besoek op 23 Junie 2007

Etimologie duimnael|links|'n Kaart van noordelike Suid-Amerika met die Guyanas-streek Volgens die Oxford English Dictionary is die naam "Guyana" is 'n inheemse term wat "land van baie waters" beteken. Die byvoeging van die byvoeglike naamwoord "Frans" in die meeste ander tale behalwe Frans het sy oorsprong in koloniale tye, toe vyf van hierdie kolonies (Guyanas) langs die kus genoem is na verskillende (koloniale) magte: naamlik (van wes na oos) Spaans-Guyana (nou Guayana in Venezuela), Brits-Guyana (nou Guyana), Nederlands-Guyana (nou Suriname), Frans-Guyana en Portugees-Guyana (nou Amapá in Brasilië). Na Frans-Guyana en die twee groter lande in die noorde en weste, Guyana en Suriname, is dikwels saam verwys as "Guyanas" en al drie beslaan een groot landmassa op die Guyanaskild.

Geskiedenis duimnael|links|Historiese kaart van Frans-Guyana deur Jacques-Nicolas Bellin (1703–1772) in 1763 duimnael|links|Skets uit die begin van die 19de eeu van die hawe by îles du Salut aan die kus van Frans-Guyana naby Kourou duimnael|links|'n 18de eeuse skets van Kourou Frans-Guyana is oorspronklik deur 'n aantal inheemse Amerikaanse volke bewoon. In die 17de eeu is die gebied deur Frankryk gekoloniseer. Die eerste Franse ekspedisie na Guyana het in 1604 plaasgevind. Dit sou egter 'n aantal dekades neem voor Franse beheer oor die gebied gevestig is. Franse vestiging was aanvanklik op die eiland Cayenne toegespits. Cayenne is van die res van die vasteland geskei deur 'n aantal riviere en riviermondings. In 1664 het 'n Franse maatskappy daarin geslaag om Cayenne van Nederlandse setlaars te buit. Die Franse sou die eiland egter weer drie jaar later aan 'n Engelse mag verloor. Eers in 1676 slaag Frankryk daarin om volledig van Cayenne en die omliggende kus besit te neem. Peter Redfield, Space in the tropics: From Convicts to Rockets in French Guiana, Geraadpleeg op 23 Junie 2006

Die hoof vestigingsmeganisme in Frans-Guyana was die aanlê van plantasies wat arbeidsintensief was. Om die rede is slawe uit Afrika ingevoer. Die slawebevolking het gou die grootste deel van die bevolking uitgemaak. In 1763 is 'n poging deur die Franse regering aangewend om grootskaalse Europese migrasie na Kourou te bewerkstellig. Sowat 12 000 Europeërs is binne 'n paar maande na die kolonie gestuur. 7 000 sou egter aan malaria en geelkoors omkom en die res moes gerepatrieer word. John Connell en Robert Aldrich, France's Overseas Frontier: Départements Et Territoires D'outre-mer, geraadpleeg op 23 Junie 2007

Ná die Franse Rewolusie is die slawe in 1794 vrygestel. Dit sou egter 'n kortstondige vryheid wees aangesien hulle weer in 1802 verslaaf is. In 1809 beset Portugal, met Engelse ondersteuning, Frans-Guyana. Franse beheer is vyf jaar later in terme van die Verdrag van Parys herstel. In 1842 is slawerny finaal in die Franse Ryk beëindig. Voormalige slawe het die plantasies verlaat om bestaansboerdery te bedryf en die plantasiestelsel het in duie gestort. Plantasie-eienaars en koloniale amptenare het sonder veel sukses gepoog om huurarbeiders uit Afrika, Indië, China en Madeira te lok.

In 1852 is 'n strafkolonie gestig wat tot in tot 1951 diens sou doen. Beroemde gevangenes wat hier aangehou is sluit Alfred Dreyfus en Papillon in. Baie gevangenes sou sterf insluitend 7 600 van die 18 000 wat in die eerste vyftien jaar na die kolonie verban is. Die teenwoordigheid van die strafkolonie het afbreuk gedoen aan die beeld wat die kolonie gehad het en te same met die reputasie dat dit nie geskik is vir Europese bewoning nie soos deur die mislukte Kourou vestiging poging beklemtoon, het verhoed dat noemenswaardige immigrasie plaasgevind het. In die 1850's en 1860's het die ontdekking van goud tot 'n goudstormloop gelei wat wel duisende immigrante uit naburige gebiede gelok het.

In die laat 19de eeu het 'n grensgeskil met Brasilië ontstaan oor 'n groot stuk woudgebied. Die voorval het gelei tot die kortstondige bestaan van die pro-Franse onafhanklike staat Counani in die bestrede gebied en gevegte tussen setlaars voordat die geskil hoofsaaklik in Brasilië se guns besleg is ná bemiddeling deur die Switserse regering.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die plaaslike administrateurs ná die val van Frankryk, ten spyte van sterk plaaslike gevoel ten gunste van die Vrye Franse beweging onder Generaal Charles de Gaulle, besluit om getrouheid aan die pro-Duitse Vichy regering van Maarskalk Henri Pétain te sweer. Op 18 Maart 1943 is die Vichy-georiënteerde owerheid egter uitgeset deur 'n pro-Geallieerde komitee wat deur die Franse militêre magte en die meerderheid van die bevolking ondersteun is. History.com FRENCH GUIANA, besoek op 23 Junie 2007 Op 19 Maart 1946 het Frans-Guyana 'n oorsese departement van Frankryk geword waarmee die koloniale status van die gebied opgehef is.

In die 1970's het Hmong-vlugtelinge uit Laos hulle in die gebied gevestig. Die eerste groep van 45 Hmong het in 1977 in Cayenne aangekom waarna hulle na 'n nuwe stuk grond in die Amazonewoud geneem is wat hulle Cacao genoem het. Byna 2 000 Hmong het hulle mettertyd in Frans-Guyana gevestig. Alhoewel die Hmong steeds slegs ongeveer 1% van die bevolking uitmaak, beheer hulle vandag ongeveer 70% van die gebied se landbou. BBC News Hmong's new lives in Caribbean, besoek op 23 Junie 2007 In die 1970's en 1980's het 'n onafhanklikheidsbeweging momentum gekry. Betogings deur onafhanklikheidsgesindes het mettertyd al hoe meer luidrugtig geraak. Betogings in 1996, 1997 en 2000 Le Monde diplomatique, Or « sang » contre or vert en Guyane française, besoek op 23 Junie 2007 het almal op geweld uitgeloop. Die land se ligging in Suid-Amerika maak dit geskik as basis vir Franse troepe sou die land ooit 'n behoefte aan so 'n basis hê.

Regering, Administrasie en politiek duimnael|links|Die stadsaal in Cayenne Frans-Guyana is as deel van Frankryk ook deel van die Europese Unie, die grootste deel buite Europa, met een van die langste EU eksterne grens. Te same met die Spaanse enklaves in Afrika, Ceuta en Melilla, is dit een van slegs drie EU gebiede buite Europa wat nie 'n eiland is nie. Die staatshoof van Frans-Guyana is die President van die Franse Republiek wat 'n Prefek (Frans: Préfet) as sy verteenwoordiger aan stel. Daar is twee wetgewende liggame: die 19-lid Conseil Général en die 34-lid Conseil régional de Guyane, beide verkose. Frans-Guyana het twee députés en een senator in die Assemblée Nationale in Parys en word in die Europese parlement in Straatsburg verteenwoordig. Frans-Guyana is tradisioneel polities konserwatief maar die sosialiste party het onlangs veld gewen. Hoewel baie inwoners ten gunste van groeter outonomie is, is baie mins mense ten gunste van algehele afhanklikheid.

'n Chroniese aangeleentheid waarmee Frans-Guyana belas is, is die instroming van onwettige immigrante en klandestiene gouddelwers uit Brasilië en Suriname. Die grens tussen die département en Suriname wat die onderwerp van 'n grensgeskil met Suriname is, word gevorm deur die Maronirivier wat deur digte reënwoude vloei en moeilik is om deur die Gendarmerie nationale en die Franse Vreemdelegioen te patrolleer. Kwik wat in die delwery gebruik word in die rivier gestort wat tot geweldige ekologiese skade lei insluitend die vergiftiging van vis wat 'n stapelvoedsel van die inheemse Indiaanse bevolking is. Die gouddelwery het ook gelei tot malaria en VIGS, smokkelary, en moorde wat plaasvind as deel van gevegte tussen wedywerende bendes. Gold seekers turn river in French Guiana into environmental nightmare, REGINA, French Guiana (AFP), 26 Oktober 2004, besoek op 23 Junie 2007

Frans-Guyana word verdeel in 2 departmentele arrondissements, 19 kantons en 22 communes:

duimnael|'n Kaart van Frans-Guyana se arrondissements

Arrondissement vanSaint-Laurent-du-Maroni Arrondissement vanCayenne1. Awala-Yalimapo 2. Mana 3. Saint-Laurent-du-Maroni 4. Apatou 5. Grand-Santi 6. Papaïchton 7. Saül 8. Maripasoula9. Camopi 10. Saint-Georges 11. Ouanary 12. Régina 13. Roura 14. Saint-Élie 15. Iracoubo 16. Sinnamary 17. Kourou 18. Macouria 19. Montsinéry-Tonnegrande 20. Matoury 21. Cayenne 22. Remire-Montjoly

Geografie duimnael|links|Die Maripa-waterval in die Oyapockrivier soos gesien uit Frans-Guyana. Brasilië is oorkant die rivier. duimnael|Kaart van Frans-Guyana Alhoewel Frans-Guyana kultureel verwant is aan die Frans-sprekende gebiede van die Karibiese gebied word Frans-Guyana nie as deel daarvan beskou nie aangesien die Karibiese See heelwat verder Wes geleë is.

Frans-Guyana is in die ekwatoriale woud gedeelte van Suid-Amerika geleë. Frans-Guyana bestaan uit drie hoof geografiese gebiede: 'n plat moerassige kusstrook, die terres basses waar die meeste mense woon, 'n breë sentrale plato wat bedek is met digte byna ontoeganklike reënwoud, en die terres hautes, of hoogland, wat geleidelik tot by die beskeie Tumac-Humac berge aan die Brasiliaanse grens styg. Frans-Guyana se hoogste piek is Bellevue de l'Inini (851 m). Ander berge sluit in Mont Machalou (782 m), Pic Coudreau (711 m) en Mont St Marcel (635 m), Mont Favard (200 m) en Montagne du Mahury (156 m). Verskeie klein eilandjies word langs die kus aangetref insluitende die drie Iles du Salut eilande wat Devil's Island en die afgeleë Ile de Connetable insluit.

Frans-Guyana word van Brasilië geskei deur die Tumuc-Humac bergreeks in die suide en die Oyapockrivier in die ooste. Die Maroni-, Litani, en Lawariviere dui die grens met Suriname in die weste aan.

Die Barrage de Petit-Saut hidroëlektriese dam in die noorde van Frans-Guyana vorm 'n mensgemaakte meer en verskaf elektrisiteit.

Die klimaat van Frans-Guyana is tropies met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 26,7° C. Koel seebriese het 'n matigende invloed in die kusgebied. Die droë seisoen duur van Junie tot November en word gevolg deur stortreën wat die swaarste uitsak in April en Mei. Die gemiddelde reenval in Cayenne is omtrent 3200 mm.

Ekonomie duimnael|Ariane 42P vuurpyl met TOPEX/Poseidon satelliet (Kourou, 10 Augustus 1992) Frans-Guyana is sterk afhanklik van Frankryk vir subsidies en goedere. Die hoof nywerhede is vissery, wat verantwoordelik is vir driekwart van die gebied se uitvoere, goudmynbou en bosbou. Verder dra die Guiana Ruimtesentrum (Frans: Centre Spatial Guyanais) by Kourou ongeveer 25% tot die BBP by en verskaf werk aan sowat 1700 mense. Die sentrum is in 1964 net buite Kourou opgerig. Die ligging is gekies as gevolg van die gunstige breedtegraad naby die ewenaar. Dit is in 1968 in bedryf gestel en van 1979 dien dit veral as lanseerterrein vir die Europese Ruimteagentskap se Ariane-vuurpyle wat nou meer as die helfte van die wêreld se satelliete in wentelbane plaas.

Daar is weinig vervaardiging in Frans-Guyana en landbou is onderontwikkeld. Toerisme, veral eko-toerisme is aan die groei. Werkloosheid is 'n groot probleem teen ongeveer 20% tot 30%. In 2004 was die BBP per capita van Frans-Guyana 12 887 euro, wat ongeveer 60% van die van die Europese Unie gemiddeld is en die hoogste in Suid-Amerika.

Vervoer