Bozen • BolzanoBalsan / Bulsan 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Administratiewe gewes 23px Trentino-Suid-Tirol Provinsie 20px Suid-Tirol Koördinate  Stigting Omstreeks 500 v.C. Oppervlakte:    - Totaal 52,3 vk km  Hoogte bo seevlak 262 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2018) 107 739  - Bevolkingsdigtheid 2060/vk km Tydsone UTC +1 (MET) Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Renzo Caramaschi Amptelike Webwerf gemeinde.bozen.it

Bozen of Bolzano (Italiaans: Bolzano; Duits: Bozen; Ladinies: Balsan/Bulsan) is die hoofstad en grootste stad van die outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol (Italië) met 'n bevolking van 107 739 (soos op 31 Desember 2018) en 'n oppervlakte van 52,3 km². Bozen is geleë langs die Brennerroete, wat Noord- en Suid-Europa met mekaar verbind, en by die samevloeiing van die Etsch- en Eisackriviere. Die belangrikste huistale is Italiaans (73%), Duits (26,29%) en Ladinies (0,71%). As bikulturele stad met Noord-Europese en Mediterreense invloede vervul Bozen al eeue lank 'n belangrike funksie as 'n ontmoetplek vir die Duits- en Italiaanssprekende kultuur- en sakewêreld. duimnael|links|Bozen/Bolzano, soos gesien vanuit die weste duimnael|links|Nou straatjies in die historiese middestad met booggange, in Duits Lauben genoem - 'n argitektoniese element wat beskerming teen son en reën bied en wat die Duitssprekende gebiede van Suid-Tirol met Noord-Italiaanse nedersettings deel duimnael|links|Die voorstad Gries duimnael|links|Duits, Italiaans, Engels en Ladinies is die Vrye Universiteit Bolzano/Bozen se amptelike tale vir onderwys en kommunikasie Bozen is een van die grootste stedelike nedersettings in die Alpegebied, setel van die Suid-Tiroolse regering en parlement, sedert 1964 biskopsetel van die nuutgestigte Rooms-Katolieke diosese Bozen-Brixen en sedert 1997 ook setel van 'n universiteit – die Freie Universität Bozen (met Duits, Italiaans, Engels en Ladinies as onderrigmediawww.unibz.it: University Profile. Besoek op 17 Mei 2020). Die navorsingsaktiwiteite van die universiteit se Ladiniese afdeling fokus op Ladiniese Taalkunde (veral Ladiniese Filologie) en Meertalige Opvoedkunde.Paul Videsott: 10 agn de Repartiziun ladina: Ativité scientifica y didatica, inrescides, impat sön le teritore • 10 Jahre Ladinische Abteilung: Wissenschaftliche und didaktische Aktivitäten, Forschung, Auswirkungen • 10 anni della Sezione ladina: Attività scientifica e didattica, ricerca, impatto sul territorio. In: Theodor Rifesser, Paul Videsott (reds.): L Ladin tl sistem formatif • Das Ladinische im Bildungssystem • Il ladino nel sistema formativo. Bozen | Bolzano: Bozen-Bolzano University Press 2011, bl. 40

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Italië Kategorie:Trentino-Suid-Tirol