James H. (Jim) Douglas (21 Junie 1951 in Springfield, Massachusetts) is 'n Amerikaanse politikus uit die deelstaat Vermont. Douglas is 'n lid van die Republikeinse Party en was vanaf 2003 tot 2011 die 80ste goewerneur van Vermont. Sy amptelike kantoor is in The Pavilion, maar gedurende die parlementêre sessie het hy dikwels in 'n seremoniële kantoor in die Vermont State House gewerk.

Douglas het 'n B.A.-graad aan die Middlebury College in Vermont behaal, waar hy ook 'n aktiewe lid van die College Republicans was. Sy hoofvak was Russiese Studies, en hy gebruik sy Russiese taalvaardigheid ook vir die aanknoop van susterstad-betrekkinge met Karelië (Russiese Federasie).Regering van Vermont - Persverklarings

Verwysings

Eksterne skakels Vermont Governor Jim Douglas (Amptelike webwerf)

Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Vermont Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense