Mineralogie of delfstofkunde is 'n tak binne die veld geologie wat spesialiseer in die studie van minerale en hul voorkoms, ontstaan, metamorfose en die rol wat dit vervul in die geologie. Die Internasionale Mineralogiese Vereniging (IMA) is 'n internasionale organisasie waarvan die lede die mineralogie uit verskillende lande verteenwoordig. Die vereniging se aktiwiteite omvat die beheer van die benaming van minerale (via die Kommissie vir nuwe minerale en mineraalname) asook die instandhouding van 'n databasis van minerale.
Teen 2004 het die IMA al sowat 4 000 verskillende soorte minerale erken en gelys. Hiervan word 150 as "oorvloedig", 50 as "insidenteel", en die res as "seldsaam" beskou.
Sien ook Aardrykskunde Lys van minerale
Eksterne skakels Uitgebreide databasis van minerale "De Natura Fossilium"/Textbook on Mineralogy - Standaardwerk deur die "Vader van die Mineralogie" Georg Agricola
Verenigings International Mineralogical Association
Museums mineralogy museums - Uitgebreide lys van mineraalmuseums Virtual Museum of the History of Mineralogy (handel oor die geskiedenis van mineralogie)
Kategorie:Geologie