Wiesbaden 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Hesse Koördinate Stigting 829 Stadstatus 1219 Oppervlakte: - Totaal 203,09 vk km Hoogte bo seevlak 115 m Bevolking: - Totaal (30 Junie 2019) 278 456 Statistik Hessen: Bevölkerung der hessischen Gemeinden am 30.06.2019. Besoek op 10 Oktober 2019 - Bevolkingsdigtheid 1 373/vk km - Metropolitaanse gebied 560 000 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Gert-Uwe Mende (SPD) Amptelike webwerf wiesbaden.de
Wiesbaden (Duits: [ˈviːsˌbaːdn̩], ) is die administratiewe hoofstad van die Duitse deelstaat Hesse met 'n bevolking van 278 456 (soos op 30 Junie 2019). Die sowat 20 000 soldate, familielede en nie-militêre personeel van die Amerikaanse Weermag se Europese hoofkwartier, wat hier gesetel is, is hierby nie ingereken nie.
Die metropolitaanse gebied van Wiesbaden sluit die aangrensende Rheingau-Taunus-distrik, die stede Eppstein, Hochheim am Main en Hofheim am Taunus en die dorpe Bischofsheim en Ginsheim-Gustavsburg met altesaam 560 000 inwoners in. Die stad is naas Frankfurt am Main, Mainz, Darmstadt, Offenbach am Main en Hanau een van die kernstede van die Ryn-Maingebied.
duimnael|links|Die Hessiese deelstaatparlement (Hessischer Landtag) is in die vroeëre stadskasteel van Wiesbaden gesetel Die genesende krag van Wiesbaden se warmbaddens is reeds deur die Romeine gewaardeer. Met altesaam vyftien warm- en mineraalbaddens is Wiesbaden een van die oudste badoorde in Europa. Die stad se gesondheids- en spabedryf het veral in die 18de en 19de eeu gefloreer toe badoordvakansies en warmbron-waterkure saam met die vermaakprogram, wat vir badgaste aangebied is, 'n belangrike sosiale gebeurtenis geword het. As een van die vernaamste badplase en kuuroorde op die vasteland, wat deur doeltreffende en ambisieuse stadsbeplanning en die versmelting van stedelike en landskapsargitektuur tot 'n luukse spa van wêreldfaam uitgebou is, het Wiesbaden se lang lys van befaamde badgaste persoonlikhede soos Johann Wolfgang von Goethe, Johannes Brahms en Fjodor Dostojefski asook talle lede van Europa se vernaamste vorstehuise ingesluit.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Wiesbaden, alhoewel ook hier sowat 'n kwart van alle geboue vernietig is, verwoestende lugaanvalle soos dié in Frankfurt am Main en Kassel gespaar gebly. Baie van die stad se historiese boukuns kon dus bewaar word.
Wiesbaden is 'n belangrike spilpunt van Duitsland se spoorwegnetwerk en huisves 'n verskeidenheid nywerhede, waaronder metaalverwerking, sement- en betonvervaardiging, elektroniese bedrywe, masjienbou, vervoertoerusting en voedselverwerking. Media- en kreatiewe bedrywe in die stad sluit drukkerye, uitgewerye en rolprentateljees in. Danksy sy ligging in een van Duitsland se voorste wynboustreke het Wiesbaden self tot 'n sentrum van die wynbedryf ontwikkel en staan onder meer bekend vir sy voortreflike vonkelwyn (Duits: Sekt).
Twee federale instellings is in Wiesbaden gesetel. Die Bundeskriminalamt (BKA) koördineer misdaadbestryding op nasionale vlak in samewerking met soortgelyke agentskappe in die sestien deelstate, beveg en ondersoek misdaad oor internasionale grense heen, beskerm lede van Duitsland se grondwetlike liggame (parlement, federale raad, federale president, federale regering en konstitusionele hof) en tree in sy hoedanigheid as Nasionale Sentraalburo as Duitsland se verteenwoordiger by Interpol op. Die Statistisches Bundesamt is Duitsland se nasionale buro vir statistiek.
Etimologie duimnael|links|Kochbrunnen, een van Wiesbaden se drinkwaterfonteine wat deur warmbaddens gevoed word duimnael|links|Die Hessiese Staatsteater In die Romeinse tydperk was daar in die gebied van die huidige middestad 'n nedersetting waarna 'n Romeinse bron in 121 n.C. as Aquae Mattiacorum verwys (Latyn vir "die Waters van die Mattiakers" - die Kurhaus of badhotel van Wiesbaden dra derhalwe die opskrif Aquis Mattiacis - "Gewy aan die waters van die Mattiakers"). Die naam verwys na die Mattiakers, 'n Chattiese stam wat hier destyds gesetel was, en dui ook daarop dat die plaaslike warmbaddens in dié tyd reeds deur Romeinse soldate en burgerlikes gebruik is.
Aquae Mattiacorum was die hoofnedersetting van dié stam se administratiewe eenheid (Latyn: Civitas Mattiacorum). Die toekenning van die status van civitas dui op 'n relatief hoë vlak van verstedeliking en Romanisering en was beperk tot groter stameenhede. Die oudste oorlewering van die huidige stadsnaam word aan Einhard, die biograaf van Karel die Grote, toegeskryf wat omstreeks 828/830 na Wisibada verwys.
Geografie Ligging Wiesbaden se suidelike stadsdele is aan die regteroewer van die Ryn teenoor Mainz, die hoofstad van die deelstaat Rynland-Palts, geleë - juis waar die rivier deur die Taunus-bergreeks gedwing word om sy loop in 'n weswaartse rigting te verander. Die Taunus verrys noord van die stad met sy hoofbergkam wat hier in noordoostelike rigting loop.
Wiesbaden se middestad is sowat vyf kilometer van die Rynrivier af in 'n uitgestrekte bekken tussen die Taunus-bergpieke in die noorde, die Bierstädter Höhe en die Hainerberg in die ooste, die Mosbacher Berg in die suide en die Schiersteiner Berg, 'n Taunus-uitloper, in die weste geleë. Net 'n smal terrein aan die oostekant van die bergpiek Mosbacher Berg, waar die hoofstasie van Wiesbaden opgerig en die straat Mainzer Straße aangelê is, bied toegang tot die Ryn.
duimnael|senter|600px|Panorama-uitsig oor Wiesbaden op 'n herfsdag vanuit die suide. Die hoofstasie is op die voorgrond, met die binnestad daaragter. Op die agtergrond is die bergpiek Neroberg en die Taunus-bergkam. Temidde van die bosgebied is die Russies-Ortodokse Sint Elisabethkerk geleë (in die middel van die foto)
Klimaat Danksy sy ligging teen die suidelike voetheuwels van die Taunus-bergreeks, wat die stadsgebied in die noorde, ooste en weste omsluit en teen koue winde beskerm, het Wiesbaden 'n aangename en gematigde klimaat. Die Rynvallei se vlakte in die suide is die enigste opening. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 9,8 °C, met 'n gemiddelde jaarlikse neerslag van 638 mm en 'n gemiddeld van 1 565 sonskynure per jaar. Wiesbaden is sodoende een van die warmste stede in Duitsland.
Die ligging in 'n vallei tussen berge - 'n sogenaamde keteldal - plaas egter beperkings op die natuurlike luguitruiling in die middestad. Nog omstreeks 1900 is winde, wat uit die Taunusreeks gewaai het, in die warm somermaande as aangenaam beskryf. Gedurende die 1950's en 1960's is die lugkorridor egter dig bebou sodat Wiesbaden se ligging binne 'n byna geslote keteltal tans tydens ongunstige windtoestande nadelige uitwerkings op die stad se mikroklimaat het.
Simbole duimnael|Wiesbaden se historiese wapenskild, soos vertoon in die Ou Raadsaal Volgens 'n besluit van Wiesbaden se magistraat, wat op 3 Mei 1905 geneem is, is 'n wapenskild met drie geel (goue) lelies teen 'n blou agtergrond as Wiesbaden se amptelike heraldiese simbool aanvaar. Met dié besluit is 'n geskil oor die stad se simbole besleg. Voor die besluit is twee verskillende stedelike simbole - seël en stadswapen - met mekaar vermeng en verwar.
Seël en wapen vervul verskillende funksies. So is seëls sedert die vroeë Middeleeue as bewysmiddel en vir die sertifisering van dokumente gebruik, terwyl wapens eers vanaf die laat 12de eeu tydens riddertoernooie vertoon is - hoofsaaklik as herkenningsteken en eiendomsmerk.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis en Keisertyd duimnael|Hotel Kaiserhof en Augusta-Victoria-badhuis in Frankfurter Straße omstreeks 1900 duimnael|Belle Époque-boukuns duimnael|Die Kurhaus (badhotel) van Wiesbaden. Die opskrif oor die ingang - Aquis Mattiacis - versus na die stad se Latynse naam, Aquae Mattiacorum Die geskiedenis van Wiesbaden strek meer as tweeduisend jaar terug na die verlede toe Keltiese bewoners hulle in die gebied gevestig het. Maar eers in die vroeë 19de eeu, toe dit tot administratiewe setel van die nuutgestigte Hertogdom Nassau verhef is, is die voorheen beskeie nedersetting met sy nou straatjies uitgebou tot 'n statige setel van hertoë en weelderige kuuroord, en het die bevolking vinnig gegroei - van slegs 2200 omstreeks 1800 tot 100 000 'n eeu later. Imbke Behnken, Manuela du Bois-Reymond, Jürgen Zinnecker: Stadtgeschichte als Kindheitsgeschichte. Lebensräume von Großstadtkindern in Deutschland und Holland um 1900. Wiesbaden: Springer Fachmedien Wiesbaden 1989, bl. 39
Die hertoë uit die Huis Nassau het groot moeite gedoen om Wiesbaden se infrastruktuur volgens sy nuwe politieke status te ontwikkel. Die Kuursaal (voltooi in 1810) en die nuwe teater (1827) het in die kulturele en vermaakbehoeftes van besoekers voorsien. Saam met die luukse en kuurhotelle Nassauer Hof en Vier Jahreszeiten het dié twee openbare geboue die sogenaamde Kurzentrum gevorm wat vir sy gesofistikeerde boukuns bekend gestaan het. Wiesbaden se klassisistiese argitektuur met statige woongeboue langs breë lane is hoofsaaklik deur die hertoglike bou-inspekteur Zais ontwerp.
Toe die Hertogdom Nassau in 1866 by die Koninkryk Pruise ingelyf is, is Wiesbaden as die administratiewe setel van die nuwe Pruisiese provinsie Hesse-Nassau aangewys. In die Duitse Keiserryk het Wiesbaden 'n nuwe bloeitydperk as kuuroord beleef nadat die keisers uit die Huis Hohenzollern van die stad hul gunsteling-herstellingsoord en -somerresidensie gemaak het. Die Weltkurort se jaarlikse besoekergetal het tot sowat 200 000 gestyg, terwyl talle miljoenêrs, afgetrede militariste en ander welgestelde pensioenarisse hulle hier gevestig het. En al is geen nywerhede binne die stadsgrense toegelaat nie (voorstede soos Biebrich en Schierstein am Rhein met hul uitgebreide chemiese aanlegte is in die Wilhelminiese tydperk opsetlik nie by Wiesbaden ingesluit nie), het die vinnig groeiende boubedryf en dienstesektor talle werksgeleenthede geskep.
Wiesbaden se vinnige groei in die laaste derde van die 19de en vroeë 20ste eeu is veral deur die twee keisers Wilhelm I en Wilhelm II aangedryf. Ter ere van dié twee monarge is Wiesbaden se Wilhelmstraße tot 'n soort via triumphalis uitgebou, het 'n indrukwekkende stasiegebou as ontvangslokaal ontstaan en 'n teater opgerig waar die twee majesteite talle opvoerings bygewoon het. Wilhelm I het in 1867 as koning van Pruise sy eerste besoek aan die stad gebring. Hy was die drywende krag agter die oorname van alle badgeriewe deur die munisipale owerheid teen 'n lae prys. Vervolgens het hy die bad verskeie kere besoek - meestal in April, soos sy lyfarts hom aangeraai het.
Sy seun, keiser Friedrich III, het as kroonprins eweneens verskeie kere besoeke aan Wiesbaden gebring. As keiser het hy nie meer die tyd hiervoor gevind nie. Ná 'n koer regeringstyd van slegs 99 dae is hy in 1888 aan keelkanker oorlede. 'n Monument voor die hotel Nassauer Hof is tot sy nagedagtenis opgerig. Sy opvolger as keiser, Wilhelm II, was al verskeie kere gas in Wiesbaden voordat hy as regent in 1890 hier die Oostenrykse keiserin Sissi ontmoet het. Anders as grootvader Wilhelm I was dit nie die genesende krag van Wiesbaden se baddens wat hom na die stad gelok het nie, maar die aantreklike lewe en tydverdrywe in die "Nice van die Noorde", soos Wiesbaden destyds genoem is. Wilhelm II het die bou van 'n nuwe teater bevorder en ook gereeld die perdewedrenne besoek wat tot sy eer georganiseer is. Günter Schenk: Reise-Know-How Rheinhessen, Rheingau. Bielefeld: Reise Know-How Verlag Peter Rump 2017, bl. 26 Die keiser se vakansies in Wiesbaden het beduidende aandag in die Duitse media geniet en van Wilhelm II - 'n monarg met 'n ekstroverte persoonlikheid - een van die eerste mediasterre gemaak.