SC Waldgirmes is 'n sportklub uit Lahnau in die deelstaat Hessen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Waldgirmes is 'n dorpsdeel van Lahnau.
Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdelings vir gimnastiek, tafeltennis en fietsry.
Die klub is in 1929 gestig as SG Waldgirmes, maar dis in 1933 deur die Nazi’s ontbind, aangesien dit 'n werkersklub was. Die meeste spelers het hulle toe by die sportklub TV 05 Waldgirmes aangesluit, waar hulle 'n sokkerafdeling op die been gebring het (TV 05 bestaan vandag nog, maar bied nie meer sokker aan nie). Die klub het egter weer herleef na die Tweede Wêreldoorlog toe SG Waldgirmes in 1945 herstig is. In 1948 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as FC Waldgirmes, maar in 1952 is daar weer met SG Waldgirmes saamgesmelt om die huidige SC Waldgirmes te vorm.
Die klub se beste seisoenafsluiting was om 3de in die Oberliga Hessen te eindig, 'n posisie wat drie seisoene in 'n ry behaal is tussen die 2004/05- en die 2006/07-seisoene.
Onlangse ligaposisionering 1977-78 (IV) Bezirksoberliga 1ste 1978-79 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 14de 1979-80 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 12de 1980-81 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 14de 1981-82 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 4de 1982-83 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 14de 1983-84 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 11de 1984-85 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 7de 1985-86 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 7de 1986-87 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 7de 1987-88 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 14de 1988-89 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 12de 1989-90 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 11de 1990-91 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 10de 1991-92 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 15de 1992-93 (V) Bezirksoberliga 1ste 1993-94 (IV) Landesliga Hessen Sentraal 14de 1994-95 (V) Landesliga Hessen Sentraal 11de 1995-96 (V) Landesliga Hessen Sentraal 6de 1996-97 (V) Landesliga Hessen Sentraal 12de 1997-98 (V) Landesliga Hessen Sentraal 3de 1998-99 (V) Landesliga Hessen Sentraal 3de 1999-00 (V) Landesliga Hessen Sentraal 10de 2000-01 (V) Landesliga Hessen Sentraal 11de 2001-02 (V) Landesliga Hessen Sentraal 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Hessen 18de 2003-04 (V) Landesliga Hessen Sentraal 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Hessen 3de 2005-06 (IV) Oberliga Hessen 3de 2006-07 (IV) Oberliga Hessen 3de 2007-08 (IV) Oberliga Hessen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Hessen 2007/08-seisoen FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - Eintracht Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - SC Borussia Fulda - KSV Klein-Karben - FSC Lohfelden - 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - FSV 1926 Fernwald - SC Waldgirmes - SV Wehen II - Eintracht Wetzlar - TSG Wörsdorf - RSV Würges
Waldgirmes