Salvatore Accardo (; Ridder van die Groot Kruis gebore op 26 September 1941 in Turyn, noord-Italië) is 'n Italiaanse violis en dirigent wat bekend is vir sy interpretasies van die werke van Niccolò Paganini.
Accardo het in die 1950's viool gestudeer in die suid-Italiaanse stad Napels. Hy het op dertienjarige leeftyd sy eerste professionele opvoering gegee met die speel van Paganini se Capricci. In 1958 het Accardo die eerste pryswenner van die Paganini Vioolkompetisie in Genua geword.
Hy het Paganini se 24 Caprices (her-opgeneem in 1999) vir solo viool opgeneem en was die eerste violis om al ses van Paganini se vioolkonserte op te neem. Hy beskik oor 'n uitgebreide platelys van amper vyftig opnames op Philips, Deutsche Grammophon, EMI, Sony Klassiek, Foné, Dynamic, en Warner-Fonit. Van noemenswaardige belang is dat hy 'n plaat van klassieke en kontemporêre werke in 1995 opgeneem het op Paganini se Guarneri del Gesù 1742 viool, Il Cannone. Accardo het in 1992 die Accardo Kwartet gestig en was een van die stigterslede van die Walter Stauffer Akademie in 1986. Hy het die Settimane Musicali Internazionali in Napels gestig sowel as die Cremona Strykinstrument-fees in 1971.
In 1996 was hy aan die hoof van die herstigting van die Orchestra da Camera Italiana (O.C.I.), wat sy lede verkry uit die beste leerlinge van die Walter Stauffer Akademie. Die mees bekendste leerlinge is Alessio Bidoli en Anastasiya Petryshak. Hy het die musiek van Niccolò Paganini opgevoer vir die klankbaan van die 1989 rolprent Kinski Paganini. In die 1970s was hy die leier van die gevierde Italiaanse Kamerorkes" I Musici" (1972-1977). Nadat hy afgestudeer het by die Accademia Musicale Chigiana in Sienna, het hy vanaf 1973 tot 1980 daar onderrig gegee. In 2004 het hy teruggekeer na Sienna, en gee hy nou weereens onderrig by die Accademia Musicale Chigiana.
Accardo besit een Stradivarius viool, die "Hart ex Francescatti" (1727) en het die "Firebird ex Saint-Exupéry" (1718) gehad.
Eerbewyse : Grande Ufficiale dell'Ordine al merito della Repubblica italiana (June 1965)Sito web del Quirinale: dettaglio decorato. : Cavaliere di Gran Croce dell'Ordine al merito della Repubblica italiana (Oct 1982)Sito web del Quirinale: dettaglio decorato. : Kommandeur van die Orde van Kulturele Verdienstelikheid(Monaco) (November 1999)Sovereign Ordonnance n° 14.274 of 18 Nov. 1999 : promotions or nominations
Platelys Diabolus in Musica, Accardo interpreta Paganini 1996
Verwysings
Eksterne skakels
Bykomende biografiese inligting Diskografie by SonyBMG Masterworks Salvatore Accardo - Accademia Musicale Chigiana
Kategorie:Italiaanse dirigente Kategorie:Italiaanse violiste Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense