duimnael|Skenking van die askruis op die voorkop duimnael|Simboliese verpersoonliking van die vastyd tydens Karnaval; 'n detail van 'n skildery deur Pieter Bruegel die Ouere, 1559 duimnael|Soos op hierdie Poolse skildery kan die as ook in die vorm van 'n kruis op die kop verstrooi word, 1881 duimnael|Aswoensdag, skildery deur Carl Spitzweg, 1855–1860 duimnael|Versoeking van Jesus in die woestyn, skildery deur James Tissot, 1886–1894
Aswoensdag (Latyn: Feria quarta cinerum, letterlik: "vierde dag" (= Woensdag) "van die as" of Dies cinerum, "dag van die as", ook "Asdag" genoem) is in die Rooms-Katolieke Kerk sedert die pontifikaat van Pous Gregorius I (590–604) die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei. Anke Fischer: Feste und Bräuche in Deutschland, München 2004, , bl. 20. Die dag voor Aswoensdag word Vasaand of Vette Dinsdag genoem.
Op Aswoensdag word tydens die kerkdiens die as van die verbrande palmtakke van verlede jaar gewy en op die voorkop van die gelowiges in die vorm van 'n kruis geteken. Die ontvangs van die askruis word as 'n teken met 'n helende effek, die sakramentaliëe, beskou.
Die vastyd sal aan die 40 dae, wat Jesus met vas en gebed in die woestyn deurgebring het (Matteus 4,2), herinner en die gelowiges op Paasfees voorberei. Omdat die vastyd in die Oosters-Ortodokse Kerk op Sondagaand van die sewende week voor Paasfees begin, is die tradisie van 'n Aswoensdag in die Oosterse liturgie onbekend.
Geskiedenis Die besprinkeling met as as 'n teken van boete is al in die Ou Testament te vinde:
Sedert die laat oudheid moes Christene, wat tot boetedoening veroordeel is, aan die begin van die vastyd 'n roukleed aantrek en hulle is met as besprinkel. Pius Brunnquell: Kurze Geschichte der Kirchenbuße und Apologie der sakramentalischen Beichte. Bamberg und Würzburg, 1816, bl. 16 In die Galliese kerk is hulle – nes Adam en Eva se verbanning uit die Tuin van Eden (Beresjiet/Genesis 3,23) – uit die kerk verban. Op Wit-Donderdag is hulle weer toegelaat om die Heilige Kommunie te ontvang. Terwyl hierdie tradisie aan die einde van die 10de eeu in onbruik verval het, het die besprinkeling van die gelowiges met as algemeen geword, nadat eers net enkeles uit solidariteit met die berouvolle hulself ook met as laat bestrooi het. Die eerste gebed ter seëning met as dateer uit die 11de eeu en die voorskrif, die as van die palmtakke van verlede jaar te gebruik, uit die 12de eeu. Tydens die sinode in Benevento (1091) het pous Urbanus II die tradisie van asbesprinkeling vir die hele kerk aanbeveel. Adolf Adam: Das Kirchenjahr mitfeiern. Seine Geschichte und seine Bedeutung nach der Liturgieerneuerung. Herder, Freiburg/Basel/Wien, 1979, , bl. 87–88.
Afhangende van die plaaslike tradisie word die askruis óf in die vorm van 'n kruis op die hoof gestrooi óf op die voorkop geteken; die ontvangs van die as sittend of staande verskil ook van plek tot plek. Met die ontvangs van die askruis word die mens aan sy eie verganklikheid herinner en tot verandering (Grieks: μετάνοια, metánoia, letterlik: "heroorweging", "verandering van hart", omkeer van denke") aangemoedig.
Aswoensdag merk ook die einde van die vasnag. Die Bybel vergelyk die "vleeslik"-gesinde met die geestelik-gesinde mens (o. a. Brief aan die Romeine 8,5). Die afskeid van die vleis tydens die vastyd, wat deur onthouding en vas ook simbolies voltrek word, sal die gelowiges tydens hul fokusering op 'n geestelike lewe en op God self help. In die Rooms-Katolieke Kerk is die Aswoensdag 'n streng dag van vas en onthouding.
Datum Die datum van Aswoensdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Aswoensdag op die 46ste dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn is 4 Februarie en die laaste moontlike is 10 Maart.
+ Data Aswoensdag 2000–2031 Jaar Datum 2000 8 Maart 2001 28 Februarie 2002 13 Februarie 2003 5 Maart 2004 25 Februarie 2005 9 Februarie 2006 1 Maart 2007 21 Februarie Jaar Datum 2008 6 Februarie 2009 25 Februarie 2010 17 Februarie 2011 9 Maart 2012 22 Februarie 2013 13 Februarie 2014 5 Maart 2015 18 Februarie Jaar Datum 2016 10 Februarie 2017 1 Maart 2018 14 Februarie 2019 6 Maart 2020 26 Februarie 2021 17 Februarie 2022 2 Maart 2023 22 Februarie Jaar Datum 2024 14 Februarie 2025 5 Maart 2026 18 Februarie 2027 10 Februarie 2028 1 Maart 2029 14 Februarie 2030 6 Maart 2031 26 Februarie
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Paasfees