duimnael|Voete word gewas en die Laaste Nagmaal (altaarstuk van die Sienese katedraal) duimnael|Die Laaste Nagmaal, skildery deur Hans Schäufelin in 1511 duimnael|Die Laaste Nagmaal, skildery deur Juan de Juanes, ca. 1562 duimnael|Die Mistiese Nagmaal, ikoon deur Simon Oesjakof in 1685

Wit-Donderdag is die vyfde dag van die Heilige of Stille Week (volgens liturgiese telling, beginnend met Palmsondag as eerste dag van dié week), waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei. Op hierdie dag herdenk die Christelike kerke die Laaste Nagmaal van Jesus saam met die Twaalf Apostels op die vooraand van sy kruisiging buite Jerusalem, soos beskryf deur die vier kanonieke evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes). Die liturgiese benaming is Feria quinta in cena Domini ("vyfde dag, by die Nagmaal van de Here").

Wit-Donderdag is die Donderdag voor Paasfees en dié dag voor Goeie Vrydag. Wit-Donderdag makeer die Paastriduum se begin, dié tydperk van passie, dood en opstanding van Jesus; hierdie tydperk sluit Goeie Vrydag en Heilige Saterdag in, en eindig op die aand van Paasfees. Die Nagmaal of diens van aanbidding word normaalweg op die aand gevier, omdat 'n dag volgens Joodse tradisie met sononder begin en die Laaste Nagmaal volgens die drie sinoptiese evangelies tydens Pesach gehou is.

Wit-Donderdag is die eerste van die drie Stille Dae en word deur Goeie Vrydag en Heilige Saterdag opgevolg. Met die Vesper begin op die aand van Wit-Donderdag die Paastriduum (Triduum Sacrum of Triduum Paschale), d.w.s. die viering van die drie Paasdae (Goeie Vrydag, Heilige Saterdag en Paassondag). As herdenkingsdag van die Laaste Nagmaal en die daarmee gepaardgaande instelling van die Eucharistie deur Jesus self beskik die Wit-Donderdag oor 'n hoe rang binne die Christelike liturgie. As gevolg van die Stille Dae se fundamentele karakter as roudae en die medelydende passie van Jesus Christus word 'n ontplooiing van prag nie toegelaat nie. Nadat tydens die Vierde Lateraanse Konsilie (1215) 'n spesiale behoefte vir die aanbidding van die werklike teenwoordigheid van Jesus se liggaam en bloed opgedaag het, is in die 13de eeu in die Rooms-Katolieke Kerk 'n tweede Eucharistiese Hoogfees op die tweede Donderdag ná Pinkster ingevoer (Sakramentsdag), wat vervolgens 'n noue verband met Wit-Donderdag het. In sommige lande, soos Denemarke, Noorweë en Ysland, is Wit-Donderdag 'n openbare vakansiedag.

Datums Die datum van Wit-Donderdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Wit-Donderdag op die derde dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 19 Maart en die laaste moontlike is 22 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 20 April 27 April 2001 12 April 2002 28 Maart 2 Mei 2003 17 April 23 April 2004 8 April 2005 24 Maart 28 April 2006 13 April 20 April 2007 5 April 2008 20 Maart 24 April 2009 9 April 16 April 2010 1 April2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 21 April 2012 5 April 12 April 2013 28 Maart 2 Mei 2014 17 April 2015 2 April 9 April 2016 24 Maart 28 April 2017 13 April 2018 29 Maart 5 April 2019 18 April 25 April 2020 9 April 16 April 2021 1 April 29 April2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 14 April 21 April 2023 6 April 13 April 2024 28 Maart 2 Mei 2025 17 April 2026 2 April 9 April 2027 25 Maart 29 April 2028 13 April 2029 29 Maart 5 April 2030 18 April 25 April 2031 10 April 2032 25 Maart 29 April

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Paasfees