duimnael|Standbeeld van Jesus in die graf, deur Gregorio Fernández. Klooster San Joaquín en Santa Ana, Valladolid, Spanje duimnael|’n 16de-eeuse Russies-Ortodokse ikoon van die Wederopstanding duimnael|Die Heilige Graflegging van Christus duimnael|Benediktynse monnike besig om Vespers op Heilige Saterdag te sing
Heilige Saterdag is die laaste dag van Lydensweek (wat volgens liturgiese telling begin met Palmsondag as eerste dag van dié week), waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei. In die Kopties-Ortodokse Kerk word dié dag ook Vreugdevolle Saterdag of Saterdag van Lig genoem. Liturgies gesien duur Heilige Saterdag slegs tot die aandskemer, waarna die Paaswake gevier word en vervolgens die eintlike Paasfees begin, omdat 'n dag volgens Joodse tradisie met sononder begin en die oorspronklike Paaswake tydens Pesach gehou is.
Heilige Saterdag is die Saterdag voor Paasfees en die dag ná Goeie Vrydag. Dit is die tweede dag van die Paastriduüm (Triduum Sacrum of Triduum Paschale), die tydperk van passie, dood en opstanding van Jesus; hierdie tydperk sluit Wit-Donderdag en Goeie Vrydag in, en eindig op die aand van Paasfees.
Christene herdenk op Heilige Saterdag Jesus se tyd in die graf en sy neerdaling na die hel, waar hy ná sy kruisiging "na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig" het (1 Petrus 3:19). Soms word na die Heilige Saterdag as Paassaterdag verwys, hoewel dit nie met die kerklike tradisie ooreenstem nie: Paassaterdag is in die kerklike liturgie die Saterdag ná Paasfees en vervolgens dié dag voor Wit-Sondag, 'n week ná Paasfees.
Datums Die datum van Heilige Saterdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Heilige Saterdag op die dag voor Paassondag gehou. Die vroegste moontlike datum volgens die Gregoriaanse kalender is 21 Maart en die laaste moontlike datum is 24 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.
2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 22 April 29 April 2001 14 April 2002 30 Maart 4 Mei 2003 19 April 25 April 2004 10 April 2005 26 Maart 30 April 2006 15 April 22 April 2007 7 April 2008 22 Maart 26 April 2009 11 April 18 April 2010 3 April2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 23 April 2012 7 April 14 April 2013 30 Maart 4 Mei 2014 19 April 2015 4 April 11 April 2016 26 Maart 30 April 2017 15 April 2018 31 Maart 7 April 2019 20 April 27 April 2020 11 April 18 April 2021 3 April 1 Mei2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 16 April 23 April 2023 8 April 15 April 2024 30 Maart 4 Mei 2025 19 April 2026 4 April 11 April 2027 27 Maart 1 Mei 2028 15 April 2029 31 Maart 7 April 2030 20 April 27 April 2031 12 April 2032 27 Maart 1 Mei
Verwysings
Verdere leesstof Pous Benedictus XVI: Karsamstag. Erste Meditation. In: Joseph Ratzinger: Meditationen zur Karwoche. (= Meitinger Kleinschriften, Nr. 5) Kyrios, Meitingen, Freising, 7. Aufl. 1980, S. 17–21 (geistliche Deutung des Karsamstags). Hans-Ulrich Wiese: Karsamstagsexistenz: Auseinandersetzung mit dem Karsamstag in der Liturgie und moderner Kunst (= Bild – Raum – Feier. Studien zu Kirche und Kunst, Band 1) Schnell und Steiner, Regensburg 2002, (Dissertation Universität Bonn 2001, 292, Seiten mit Illustrationen).
Eksterne skakels
Kategorie:Paasfees