Die African Democratic Change (ADeC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Dit is op 1 Desember 2017 deur die voormalige parlementslid van die African National Congress, Makhosi Khoza, bekend gestel.Makhosi Khoza launches political party. Besoek op 13 April 2019. Khoza het in April 2018 uit die party bedank.Child, Katharine. Makhosi Khoza resigns from politics, TimesLIVE, 21 April 2018. Besoek op 13 April 2019. Die party word tans deur Visvin Reddy gelei.Meet Moses Mayeksio, African Democratic Change President . Retrieved on 13 April 2019.

Stigting Makhosi Khoza het op 21 September 2017 as 'n African National Congress-lid van die parlement bedank om by die pogings teen korrupsie in Suid-Afrika aan te sluit.Makhosi Khoza quits the ANC . Haar bedanking het gekom ná maande van haar kritiek op die voormalige ANC-president, Jacob Zuma, en sy het hom gevra om af te tree.Goodbye new alien and corrupt ANC, I quit - Makhosi Khoza . Na die aankondiging is daar gespekuleer dat Khoza 'n nuwe politieke party sou vorm.#MakhosiKhoza may start new party. Besoek op 13 April 2019. Aanvanklike verslae in November 2017 het voorgestel dat Khoza haar nuwe politieke party "Change" sou noem.Details: Makhosi Khoza to launch new political party ‘Change’. Besoek op 13 April 2019. Die African Democratic Change (ADeC) is op 1 Desember 2017 van stapel gestuur.Makhosi Khoza’s new party hoping to woo disillusioned ANC voters. Besoek op 13 April 2019. Khoza het vasbeslote gestel dat haar nuwe party nie tot niet sou gaan nie.Party won't go Agang way, says #MakhosiKhoza. Besoek op on 13 April 2019.

Ná die bekendstelling het die African National Congress Khoza gekritiseer omdat die ADeC-kenteken lyk soos die African National Congress se kenteken. Khoza het hierdie eise verwerp.ANC slams Makhosi Khoza's party over logo

In April 2018, vier maande na die bekendstelling van die party, het Khoza as partyleier uitgetree.ADeC 'faction' welcomes Khoza’s resignation Partyvoorsitter, Moses Mayekiso, is aangewys as haar opvolger.Makhosi Khoza resigns from politics

Verkiesingsuitslae Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, beide nasionaal en in al die provinsies.48 parties to contest upcoming general election. Besoek op 13 April 2019.

Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 6 499 0,04 0

Koalisie met MK In Januarie 2024 het Reddy aangekondig dat nadat hy oudpresident Jacob Zuma ontmoet het, sy party ’n koalisie sal vorm met Zuma se uMkhonto we Sizwe (MK)-party.

Op 5 Maart 2024 het Reddy met geweld gedreig as die MK-party nie toegelaat word om aan die algemene verkiesing van 2024 deel te neem nie.

Reddy verskyn negende op MK se nasionale lys vir die 2024-verkiesing.

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika