Die Economic Emancipation Forum (EEF) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party gebaseer op Christelike godsdienstige beginsels. Die partyleier is BJ Langa.
Die party wil 'n nasionale "morele wedergeboorte" lei, beywer hulle vir r die finansiële regte van pensioenarisse in die voormalige Bophuthatswana-tuisland, ondersteun Israel, versoek die nasionalisering van banke en beoog om ondersteuning vir swart entrepreneurs te verhoog.
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem en het verklaar dat die party hul ten doel stel om 25% van die beskikbare nasionale setels te wen. Die party kon nie daarin slaag om enige setels te wen nie.
Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 6 319 0,04 0
Verwysings
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika