Friedrich Daniel Ernst Schleiermacher (Duits: ˈfʁiːdʁɪç ˈʃlaɪɐˌmaχɐ; 21 November 1768 – 12 February 1834) was 'n Duitse teoloog, filosoof, en Bybelse geleerde wat bekend is vir sy pogings om die kritiek van die Era van Verligting te versoen met tradisionele Protestantisme. Hy het ook 'n beduidende invloed gespeel in die evolusie van historiese kritiek, en sy werk vorm deel van die fondament van die moderne studieveld van hermeneutiek.

Hy word dikwels, omrede sy diepgaande invloed op die daaropvolgende Christelike Denkwyses, die "Vader van Moderne Liberale Teologie" genoem, en word beskou as 'n vroeë leier in Liberale Christenskap. Karl Barth staan gewoonlik (alhoewel nie sonder uitdaging nie) aan die hoof van die Neo-ortodokse beweging van die twintigste eeu, welke beweging in groot mate 'n poging is om Schleiermacher se invloed uit te daag.

Biografie

Vroeë lewe en ontwikkeling Schleiermacher is gebore in Breslau in die Koninkryk van Pruise , Silesië as die kleinkind van Daniel Schleiermacher, 'n pastoor wat eens op 'n tyd geassosieer was met die Sioniste,Boston Collaborative Encyclopedia of Western Theology: Friedrich Daniel Ernst Schleiermacher (1768–1834) en as die seun van Gottlieb Schleiermacher, 'n Gereformeerde Kerk kapelaan in die Pruisiese Leër.

Schleiermacher het sy formele opvoeding begin in 'n Morawiese kerkskool by Niesky in Bo-Lusasië, en by Barby naby Magdeburg. Die piëtistiese Morawiese teologie het gefaal om sy groter wordende twyfeling te bevredig,en sy vader het hom op teësinnige wyse toestemming gegee om ingeskryf te word by die Universiteit of Halle, wat alreeds piëtisme verwerp het en die rasionalistiese gees van Christian Wolff (filosoof) en Johann Salomo Semler aangeneem het.

As 'n Teologiestudent het Schleiermacher 'n onafhanklike studiekoers nagevolg en die studie van die Ou Testament en Oosterse tale verwaarloos. Hy het egter die lesings van Semler bygewoon, waar hy bekend geword het met die tegnieke van Historiese kritiek van die Nuwe Testament, en van Johann Augustus Eberhard, van wie hy 'n liefde van die Filosofieë van Plato en Aristoteles aangeleer het. Op die tydstip het hy die skrywes van Immanuel Kant en Friedrich Heinrich Jacobi bestudeer, en begin om die idees van die Griekse filosowe toe te pas op 'n rekonstruksie van Kant se sisteem.

Schleiermacher het as student 'n diepgewortelde skeptisisme ontwikkel, en het gou ortodokse Christenskap verwerp.Michael A. G. Haykin, Liberal Protestantism, bl. 3

Brian Gerrish, 'n geleerde van die werke van Schleiermacher, skryf:

In 'n brief aan sy vader, laat val Schleiermacher die vae wenk dat sy onderwysers daarin faal om te handel met die wydverspreide twyfel wat soveel studente van die hedendaagse tyd pla. Sy vader mis geheel en al die wenk. Sy vader deel hom mee dat hy ook sommige van die skeptiese literatuur gelees het, en Schleiermacher kan verseker dat dit nie die moeite werd is om tyd daaraan te mors nie. Vir ses maande daarna hoor hy nie 'n woord van sy seun nie. Toe kom die donderslag. In 'n ontroerende brief van 21 Januarie 1787 erken Schleiermacher dat die twyfeling waarna hy verwys sy eie is. Sy vader het gesê dat geloof die "regalia van die Godheid is", dit is, dit is God se koninklike eis.B. A. Gerrish, A Prince of the Church: Schleiermacher and the Beginnings of Modern Theology (Philadelphia, PA: Fortress Press, 1984), bl. 25.

Schleiermacher het bely: "Geloof is die regalia van Godheid, sê jy. Helaas! geliefde vader, indien jy glo dat niemand sonder die geloof verlossing in die volgende wêreld kan kry nie, wat nog te sê van rus in hierdie wêreld nie- en dit is, weet ek, jou oortuiging- o! bid dan tot God om dit aan my te verleen, want vir my is dit nou verlore. Ek kan nie glo dat hy wat homself die Seun van die Mens genoem het die ware, ewige God was nie; ek kan nie glo dat sy dood 'n middellike versoening was nie."name="A. Gerrish 1984"

Tutorskap, kapelaanskap en eerste werke alt=|duimnael|'n Gravure van Schleiermacher uit sy vroeë volwasse lewe. Nadat Schleiermacher sy kursus voltooi het by Halle, het hy privaat tutor geword vir die gesin van Friedrich Alexander Burggraf und Graf zu Dohna-Schlobitten (1741–1810). Hy het in die gekultiveerde en aristokratiese huishouding sy diep liefde van familie en die sosiale lewe ontwikkel. Hy het twee jaar later in 1796 'n kapelaan geword aan die Charité Hospitaal in Berlyn.

As gevolg van 'n gebrek aan inspirasie wat betref sy vaardighede as prediker, het hy sielkundige en spirituele bevrediging nagejaag in die stad se gekultiveerde samelewing, asook in intensiewe filosofiese studies.

Sodoende het hy begin om die raamwerk van sy filosofiese en godsdienstige sisteem op te bou. Sodoende het Scleiermacher bekend geraak met die kuns, literatuur, wetenskap en algemene kulturele wendinge. Hy was sterk beïnvloed deur Duitse Romantiek; soos verteenwoordig deur sy vriend Karl Wilhelm Friedrich von Schlegel. Hierdie belangstelling word uitgedra deur sy Vertroulike Briewe op Schlegel se Lucinde, sowel as deur sy verhouding van sewe jaar (1798–1805) met Eleonore Christiane Grunow (née Krüger) (1769/1770–1837), die vrou van die Berlynse predikant August Christian Wilhelm Grunow (1764–1831).

Alhoewel Schleiermacher se hoofbeginsels onveranderd gebly het, het hy meer klem geplaas op menslike emosie en die verbeelding. Hy het intussen die werke van Baruch Spinoza en Plato bestudeer, beide welke belangrike invloede was. Hy was ook baie verskuldig aan Immanuel Kant, alhoewel hulle op grondliggende punte verskil het. Hy het gesimpatiseer met sommige van Jacobi se posisies, en sommige idees verkry van Johann Gottlieb Fichte en Friedrich Wilhelm Joseph Schelling. Die literêre produk van hierdie tydperk van spoedige ontwikkeling was sy invloedryke boek, Reden über die Religion (Op Geloof: Toesprake aan Sy Gekultiveerde Hekelaars) en sy "nuwejaars geskenk" aan die nuwe eeu, die Monologen (Monoloë).

In die eerste boek het Schleiermacher aan geloof 'n onveranderde plek tussen die goddelike geheime van menslik natuur gegee, dit onderskei van wat hy as huidige karikature van geloof beskou het, en die meerjarige vorme van geloof se manifestasie beskryf. Dit het die program van Schleiermacher se teologiese sisteem daargestel.

In die Monoloëhet Schleiermacher sy etiese manifesto onthul, waarin hy sy idees betreffende die vryheid en onafhanklikheid van die gees uiteengesit het, die verhouding van die verstand tot die tasbare wêreld, en ook sy ideale siening van die toekoms van die indiwidu en van die samelewing geskets het.

Pastoorskap Van 1802 tot 1804 het Schleiermacher as 'n pastoor in die Provinsie van Pomerania (1653–1815) in die dorp Stolp gedien. Hy het Friedrich Schlegel van sy nominale verantwoordelikheid vir die vertaling van Plato onthef, wat hulle saam onderneem het. (vols. 1–5, 1804–1810; vol. 6, Repub. 1828).

'n Ander werk, Grundlinien einer Kritik der bisherigen Sittenlehre [Buitelyne van 'n Kritiek van die Leer van Moraliteit tot die Hede] (1803), wat die eerste van sy streng kritiese en filosofiese werke was, het hom ook baie besig gehou.

Dit is 'n kritiek op alle voormalige morele sisteme, insluitende die van Kant en Fichte. Die sisteme van Plato en Spinoza het die meeste guns van Schleiermacher verkry. Sy kritiek hou in dat die toets van die wysheid van 'n morele sisteem, die volledigheid van sy oogpunte van die wette en doele van menslike lewe as 'n geheel is, en die harmonieuse rangskikking van sy onderwerp onder een grondliggende beginsel. Alhoewel dit amper eksklusief van kritiese en negatiewe aard is, kondig die boek Schleiermacher se latere oortuiging betreffende morele wetenskap aan, en in die proses heg dit groot belangrikheid aan 'n Güterlehre, of Leer van die doele wat bereik moet word deur morele handelinge. Die onbekendheid van die boek se styl en sy negatiewe toon het die onmiddellike sukses daarvan gekniehalter.

Professorskap In 1804 het Schleiermacher as 'n universitêre leraar en professor van teologie aan beweeg na die Universiteit van Halle, waar hy tot 1807 sou aan aanbly. Hy het gou 'n reputasie opgebou as 'n gedugte professor en leraar.

Hy het, ten spyte van klagtes van o.a. ateïsme, dat hy 'n aanhanger was van Baruch Spinoza se leringe, asook piëtisme, floreer en 'n kragtige invloed uitgeoefen.

In hierdie periode het hy sy lesings op hermeneutiek begin (1805–1833), en het hy ook sy dialoog, die Weinachtsfeier (Oukersaand: Dialoog op die Inkarnasie, 1806) geskryf, wat min of meer 'n middelpunt tussen sy Toesprake en sy groot dogmatiese werk, Der christliche Glabe (Die Christelike Geloof) daarstel.

Die lesings verteenwoordig verskillende fases van sy groeiende waardering van Christendom, sowel as die teenstrydige eienskappe van die teologie van die periode. Na die Slag van Jena het hy teruggekeer na Berlyn (1807), waar hy gou aangestel was as leraar van die Berlynse Kerk van die Heilige Drie-Eenheid. Op 18 Mei 1809 is hy getroud met Henriette von Willich (née von Mühlenfels) (1788–1840), welke die weduwee was van sy vriend Johann Ehrenfried Theodor von Willich (1777–1807).

By die grondlegging van die Universiteit van Berlyn (1810), waarin hy 'n groot rol gespeel het, het Schleiermacher 'n teologiese aanstelling verkry, en gou sekretaris tot die Pruisiese Akademie van Weteskappe geword. Hy het ook 'm prominente rol gespeel in die herorganisasie van die Pruisiese Kerk, en die mees kragtige voorstander van die vereniging van die Lutherse en Gereformeerde afdelings van Duitse Protestantisme geword, wat die weg gebaan het vir die Pruisiese Vereniging van Kerke (1817).

Die vier-en-twintig jaar van sy professionele loopbaan in Berlyn het begin met sy kort uiteensetting van teologiese studie, (Kurze Darstellung des theologischen Studiums, 1811), waarin hy gepoog het om vir teologie dit te doen wat hy gedoen het vir geloof in sy Toesprake.

Terwyl hy elke Sondag gepreek het, het Schleiermacher geleidelik ook wat betref sy lesings in die universiteit, elke tak van teologie en filosofie opgeneem-van die eksegese oftewel interpretasie van die Nuwe Testament, inleiding tot en interpretasie van die Nuwe Testament, etiek (beide filosofies en Christelik), dogmatiek en praktiese teologie, kerkgeskiedenis, geskiedenis van filosofie, sielkunde, Dialektiek, Logika en Metafisika , Politiek , Pedagogie , Vertaling- tot die Estetika.

In Politiek het Schleiermacher vryheid en progressie ondersteun, en in die tydperk van reaksie wat gevolg het op die omverwerping van Napoleon Bonaparte het die Pruisiese regering aan hom die taak opgelê om "demagogiese oproer" in samewerking met die patriot Ernst Moritz Arndt te berde te bring.

Terselfdertyd het Schleiermacher sy hoof teologiese werk, Der christliche Glaube nach den Grundsätzen der evangelischen Kirche (1821–1822; 2de uitgawe., baie gewysig, 1830–1831; 6de uitgawe., 1884) voorberei.

Die fundamentele beginsel daarvan is dat geloofsgevoel, synde die sin van absolute afhanklikheid van God soos daargestel deur Jesus van Nasaret deur die kerk; en nie die belydenisse of Letter van Skriftuur of die rasionalistiese begrip; die bron en basis is van dogmatiese teologie. Die werk is derhalwe eenvoudig 'n beskrywing van die feite van geloofsgevoel, oftewel van die innerlike lewe van die siel in sy verhoudings tot God, en hierdie innerlike feite word ondersoek in die verskeie stadiums van hul ontwikkeling en voorgestel in hul sistematiese verbandhoudendheid. Die doel van die werk was om Protestantse teologie te hervorm, om 'n einde te maak aan die irrasionaliteit, kunsmatigheid en oppervlakkigheid van beide bygelowigheid en rasionalisme, en om Geloof en Teologie weg te stuur van die afhanklikheid op voortdurend veranderende sisteme van Filosofie.