Die Free Democrats (FREE DEMS) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat deur die neuroloog dr Johan Reid gestig is om vir privaat gesondheidsorg te beywer, en is teen die regering se voorgestelde nasionale gesondheidsversekering gekant. Dit is verder ten gunste van vrye onderneming, privatisering, privaat onderwys en laer belasting.
Omstredenheid Reid is voorheen beskuldig van seksuele teistering en is skuldig bevind aan sewe aanklagte van onprofessionele gedrag deur die Raad vir Gesondheidsberoepe.
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, maar geen setels gewen nie.
Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 2 580 0,01 0 2024 1 992 0,01 0
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika