Die South African Maintenance and Estate Beneficiaries Association (SAMEBA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Die leier van die party is Makgorometse Gift Makhaba. Die party se fokus bestaan uit twee hoofelemente; kinderonderhoud en begunstigdes van boedels.

Die party het die 2014-verkiesing in die Limpopo-provinsie betwis, en het nie 'n setel gewen nie. Die party het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019, maar geen setels gewen nie.

Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 2 979 0,01 0

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika