Die Democratic Liberal Congress (DLC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2016 deur Patrick Pillay gestig is. Pillay was vyftien jaar 'n Minority Front stadsraadslid voordat binnegevegte in dié party na die dood van die jarelange leier, Amichand Rajbansi, gelei het tot 'n wegbreekaksie waartydens die DLC gevorm is.

Die party is gekant teen regstellende aksie en grond onteiening sonder vergoeding, en is voorstander van spaarsamigheidsmaatreëls vir die regering en die vereenvoudiging van besigheid.

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem.

Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 10 767 0,07 0

Munisipale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2021 8 178 0,03 2 2016 11 895 0,03 1

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika