Telesforus was die agste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous TelesforusTelesphorus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Kirsch, J.P. (1912). Pope St. Telesphorus. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 12 Julie 2015 by New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/14477b.htmArtaud de Montor, Alexis F., Chévalier de, "The lives and times of the popes to 1003". (vertaal vanaf "Les vies des papes") bl. 44 The Catholic Publication Society of America, New York. 1911. (Latyn: Telesphorus) was volgens oorlewering van Griekse afkoms, gebore in Kalabrië. Sy naam beteken “doelgerig ywerig”. Hy volg Pous Sixtus I op in 125 en word opgevolg deur Pous Higinus in 139. Volgens die kerkvader Irenaeus sterf hy (ongeveer in 140) 'n martelaarsdood. Hy is die enigste pous uit die 2de eeu waarvan die martelaarskap betroubaar vasgestel is. Die kerkhistorikus Eusebius van Caesarea plaas die begin van sy pontifikaat in die 12de regeringsjaar van die Romeinse keiser Hadrianus, dit wil sê ca. 128–129, en sy dood in die eerste jaar van keiser Antoninus Pius se bewind (138–139).

Pontifikaat Daar is min bekend oor sy pontifikaat. Sy naam word vir die eerste keer genoem in 'n brief van Irenaeus aan Pous Victor I met betrekking tot die viering van Paasfees. Daaruit blyk dat Telesforus een van die Romeinse biskoppe was wat Paasfees altyd op Sondag gevier het. Hy het egter nie sy verbintenisse met die Griekssprekende gemeentes in die ooste van die Romeinse Ryk, wat die gewoonte nie gevolg het nie, verbreek nie.

Volgens die Liber PontificalisLoomis, Louise R. (1874 vertaling) The book of the popes (Liber Pontificalis) bl. 57. New York, University of Columbia Press. Augustus 1997. (wat nie altyd betroubaar is nie) word die volgende liturgiese en ander besluite aan hom toegeskryf: Invoering van die kersnagmis met Kersfees. Drievoudige nagmaalsviering met Kersfees ter herdenking van die drievoudige geboorte van Jesus Christus (geboorte by die Skepping; geboorte uit die Maagd Maria; geboorte by die opstanding). Opname van die Gloria as vaste onderdeel van die mis. Invoering van die vastyd.

Verering Pous Telesfores is heilig verklaar en sy feesdag is op 5 Januarie in die Rooms-Katolieke Kerk, maar op 22 Februarie in die Grieks-Ortodokse Kerk. Die monnike en nonne van die Karmeliete orde vereer hom as hulle beskermheilige aangesien hy glo op die Karmelberg gewoon het as 'n kluisenaar. Die stad Saint-Télesphore in die suidweste van die Kanadese provinsie Quebec is na hom genoem.

Bronne Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. Attwater, Donald and Catherine Rachel John. The Penguin Dictionary of Saints. 3rd edition. New York: Penguin Books, 1993. . Kelly, J.N.D. Oxford Dictionary of Popes. (1986). Oxford, England: Oxford University Press.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Opvolging

Telesforus Telesforus Kategorie:Sterftes in 139