Die Eiland-Keltiese Tale is volgens een vorm van klassifikasie een van die hooftakke van die Keltiese tale. Die ses hedendaagse Keltiese tale is almal Eiland-Keltiese tale en kan verdeel word in: die Goideliese tale (Iers-Gaelies, Skots-Gaelies en Manx-Gaelies); en die Britoniese tale (Bretons, Kornies en Wallies).Donald MacAulay The Celtic Languages, Besoek op 22 Mei 2007
duimnael|links|Kaart van die diachroniese uitbreiding van Keltiese stamme in Europa volgens 19de eeuse hipoteses: Die term "Eiland-Kelties" verwys na die oorsprong van die tale in die Britse Eilande teenoor die nou uitgestorwe Vasteland-Keltiese tale wat op die Europese vasteland gepraat is en in Anatolië. Daar bestaan 'n teorie dat die Britoniese en Goideliese tale saam in die eilande ontwikkel het en dat dit 'n gemene voorouer het wat jonger is as enige wat gedeel word met Vasteland-Keltiese tale soos onder andere Keltiberies, Gallies, Galaties en Leponties, wat nou almal reeds lankal uitgestorwe is. Let daarop dat hoewel Bretons vandag op die Europese vasteland gepraat word dit deur immigrante uit Brittanje na die weste van Frankryk gebring is en nie daar ontstaan het nie.
Voorstanders van die Eiland-Kelties hipotese wys op die gedeelde innovasies van Eiland-Keltiese tale, insluitend inflected prepositions, gedeelde gebruik van sekere werkwoord particles en Werkwoord-Onderwerp-Voorwerp, woordvolgorde. Hulle stel dat 'n verdeling wat die Britoniese tale en Gallies (P-Kelties) aan een kant plaas, en die Goideliese tale saam met Keltiberies (Q-Kelties) aan die anderkant 'n oppervlakkige verdeling is (i.e. gegrond op 'n feneomeen te wyte aan taalkontak), aangesien die klankverskuiwing (Q na P) onafhanklik in die voorlopers van Gallies en Brithonies kon plaasgevind het.
Die familieboom van Eiland-Kelties is dus as volg: Eiland-Kelties Goidelies Primitiewe Iers Oud-Iers Middel-Iers Iers-Gaelies Skots-Gaelies Manx-Gaelies Bretonies Pikties Brits Kumbries Oud-Wallies Middel-Wallies Wallies Suidwestelike Bretonies Bretons Kornies
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Taalfamilies