Galaties is 'n uitgestorwe Keltiese taal wat van die 3de eeu v.C. tot die 4de eeu n.C. in Galatië in Klein-Asië (moderne Turkye) gepraat is.

duimnael|links|Ligging van die Romeinse provinsie Galasië Slegs vlugtige verwysings en kommentaar in klassieke geskrifte en verspreide name op inskripsies het behoue gebly. Altesame tel dit op tot slegs ongeveer 120 woorde, meestal persoonlike name wat met -riks eindig (cf. Gallies -rix/-reix, Oud-Iers ri, Goties -reiks, Latyn rex) "koning", sommige wat met -marus eindig, datief -mari (cf. Gallies -maros, Oud-Iers mor, Wallies mawr) "groot", en stamname soos Ambitouti (Oud-Iers imm- "rondom", Oud-Iers tuath "stam"), en 'n leksikale item drunaimeton "vergaderplek" (cf. Oud-Iers drui "druid", Oud-Iers neimed "heilige plak"). Galaties is 'n Vasteland-Keltiese taal uit dieselfde tyd en nou verwant aan Gallies.

Bronne

Weisgerber, L. (1931). Galatische Sprachreste. In Natalicium Johannes Geffcken zum 70. Geburtstag 2. Mai 1931 gewidmet von Freunden, Kollegen und Schülern, 151–75. Heidelberg: Carl Winter.

Kategorie:Geskiedenis van Turkye Kategorie:Keltiese tale Kategorie:Tale van Turkye Kategorie:Uitgestorwe tale van Asië Kategorie:Uitgestorwe tale van Europa