Keltiberies (ook bekend as Hispano-Kelties) is 'n uitgestorwe Keltiese taal wat deur die Keltiberiërs in Portugal en sentraal Spanje gepraat is voor en tydens die Romeinse Ryk se besetting van die gebiede. Baie min van die Keltiberiese taal het behoue gebly. Getuienis van die taal se bestaan kan gesien word in sommige voor-Romeinse plekname in die Iberiese Skiereiland wat lank genoeg oorleef het om in dokumente opgeneem te word het, in die formules wat in sommige persoonlike eiename gebruik is (wat wenke gee oor die grammatika van die taal), en in inskripsies op brons en lood gedenkplate wat in die Keltiberies skrif geskryf is wat Fenisiese en Griekse eienskappe kombineer. Genoeg het behoue gebly om aan te toon dat Fenisiese 'n Q-Keltiese (soos Goidelies), en nie P-Kelties soos Gallies was nie.* Mallory, J. P. (1989). In Search of the Indo-Europeans. Thames & Hudson. , bl. 106) Aangesien Britonies ook P-Kelties is, maar as 'n Eiland-Keltiese taal is wat nader verwant is aan Goidelies as aan Gallies, volg dit dat die P/Q verdeling parafylieties is: die verandering van kw na p het in in Britonies en Gallies plaasgevind op 'n stadium toe dit reeds aparte tale was eerder as wat dit 'n verdeling aandui wat 'n aparte tak in die "stamboom" van die Keltiese tale aandui. 'n Verandering van PIE kw (q) na p het ook in sommige Italiese tale plaasgevind: vergelyk Oskies pis, pid ("wie, wat?") met Latyn quis, quid. Keltiberies en Gallies word gewoonlik saam gegroepeer as die Vasteland-Keltiese tale, maar die groepering is ook parafylieties: geen bewyse dui daarop dat die twee enige gemene innovasie apart van Eiland Kelties deel nie.
duimnael|links|Inskrif op die Botorrita-plaat I Die langste Keltiberiese inskripsies wat getuienis oor die taal verskaf is die op drie Botorrita-plate, bronsgedenkplate uit Botorrita naby Zaragoza, wat dateer uit die vroeë 1ste eeu v.C.
Keltiberies vertoon 'n ten volle geïnflekteerde betreklike voornaamwoord ios wat nie in ander Keltiese dialekte bewaar is nie, en die partikels kue "en", nekue "nog", ve "of". Soos in Wallies is daar 'n s-subjunktief, gabiseti "hy sal neem" (Oud-Iers gabid), robiseti, auseti. Vergelyk Umbries ferest "hy sal maak".
Verwysings
Bronne Jordán Cólera, C. (2005). Celtibérico. Zaragoza. Hoz, Javier de. (1996). The Botorrita first text. Its epigraphical background; in: Die größeren altkeltischen Sprachdenkmäler. Akten des Kolloquiums Innsbruck 29. April – 3. Mai 1993, ed. W. Meid and P. Anreiter, 124–145, Innsbruck. Meid, Wolfgang. (1994). Celtiberian Inscriptions, Archaeolingua, edd. S. Bökönyi and W. Meid, Series Minor, 5, 12–13. Budapest.
Eksterne skakels Gedetailerde kaart van die Voor-Romeinse Volke van Iberië (c. 200 v.C.)
Kategorie:Geskiedenis van Portugal Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Keltiese tale Kategorie:Tale van Portugal Kategorie:Tale van Spanje Kategorie:Uitgestorwe tale van Europa