duimnael|links|Ligging van die Rooisee duimnael|links|Hotelle aan die Rooisee in Eilat, Israel duimnael|links|Egipte se kus aan die Rooisee naby Taba Die Rooisee (Arabies: البحر الأحمر, al-Bahr al-ahmar of الخليج العربي, Arabiese Golf; Hebreeus: 'ים סוף, Yam Suf; Tigrinya: ቀይሕ ባሕሪ, QeyH baHri, Latyn: Maris Erythraei) is 'n see van die Indiese Oseaan tussen Noordoos-Afrika en die Midde-Ooste. Dit is 1 930 km lank, tot 2 211 m diep en het 'n oppervlakte van sowat 450 000 km². Die Griekse naam is Ἐρυθρὰ θάλασσα, wat "Eritrese See" beteken en die antieke naam is. Lionel Casson: The Periplus Maris Erythraei: text, translation, and commentary Princeton University Press, Princeton 1989. bl. 41.
Daar is agt lande aan die Rooisee geleë, naamlik Egipte (oor die Golf van Suez), Israel (die Golf van Eilat), Jordanië (die Golf van Akaba), Saoedi-Arabië, Jemen, Djiboeti (Bab-el-Mandeb), Eritrea en Soedan. Dié see word deur die Golf van Akaba en die Suezkanaal met die Middellandse See en deur die Golf van Aden met die Indiese Oseaan verbind.
Aan die noordekant verdeel die Rooisee in twee om die Sinaiskiereiland; in die weste is die Golf van Suez en in die ooste die Golf van Akaba.
Die Rooisee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Swart- en Witsee. Die naam van dié see is moontlik afgelei van die seisoenale blomme van die rooi-gekleurde Trichodesmium erythraeum naby die wateroppervlak.
Die Rooisee is 'n gewilde toeristebestemming, veral die noordelike kus van Egipte, Israel en Jordanië. Bekende kusstede sluit in Eilat, Hurghada, Sharm el-Sheikh en Suez. In die Rooisee kan mens snorkel en skubaduik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Landvorme van Israel Kategorie:Geografie van Djiboeti Kategorie:Geografie van Egipte Kategorie:Geografie van Eritrea Kategorie:Geografie van Jemen Kategorie:Geografie van Jordanië Kategorie:Geografie van Saoedi-Arabië Kategorie:Geografie van Soedan Kategorie:Seë van Afrika Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Indiese Oseaan