duimnael|regs| TuS Hohenecken en SC 07 Idar-Oberstein speel 1-1 gelykop op die laaste dag van die Verbandsliga op 21 Mei 2006 en daarmee eindig Hohenecken met een punt bo Idar Oberstein op die punteleer en promoveer as Verbandsligakampioen na die Oberliga

TuS Hohenecken is 'n sportklub uit Kaiserslautern in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Hohenecken is 'n stadsdeel van Kaiserslautern en was tot 1969 'n onafhanklike dorp.

Die klub is in 1904 gestig as Turnverein Hohenecken . Tussen 1928 en 1932 was die sokkerafdeling onafhanklik as Fußballverein Hohenecken. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as Sportverein Hohenecken en op 9 Augustus 1952 is die naam verander na Turn- und Sportvereins 04 Hohenecken.

In April 2007 is die klub weens erge finansiële probleme onder voorlopige administrasie geplaas. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek, tennis, tafeltennis en kegelbal.

Onlangse ligaposisionering 1985-86 (V) Bezirksliga Wespalts 4de 1986-87 (V) Bezirksliga Wespalts 1ste 1987-88 (IV) Verbandsliga Suidwes 6de 1988-89 (IV) Verbandsliga Suidwes 9de 1989-90 (IV) Verbandsliga Suidwes 2de 1990-91 (IV) Verbandsliga Suidwes 4de 1991-92 (IV) Verbandsliga Suidwes 4de 1992-93 (IV) Verbandsliga Suidwes 9de 1993-94 (V) Verbandsliga Suidwes 14de 1994-95 (V) Verbandsliga Suidwes 11de 1995-96 (V) Verbandsliga Suidwes 13de 1996-97 (VI) Landesliga Suidwes Wes 4de 1997-98 (VI) Landesliga Suidwes Wes 3de 1998-99 (VI) Landesliga Suidwes Wes 3de 1999-00 (VI) Landesliga Suidwes Wes 1ste 2000-01 (V) Verbandsliga Suidwes 6de 2001-02 (V) Verbandsliga Suidwes 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Suidwes 8ste 2003-04 (V) Verbandsliga Suidwes 2de 2004-05 (V) Verbandsliga Suidwes 2de 2005-06 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Suidwes 17de 2007-08 (V) Verbandsliga Suidwes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Suidwes 2006/07-seisoen 1. FC Saarbrücken II - FSV Mainz 05 II - Eintracht Bad Kreuznach - FC 08 Homburg - TuS Hohenecken - FSV Oggersheim - FV Engers 07 - FSV Salmrohr - SC Hauenstein - SG 06 Betzdorf - SpVgg EGC Wirges - SV Eintracht Trier - Rot-Weiß Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - TuS Mechtersheim - Wormatia Worms - Borussia Neunkirchen

Hohenecken Kategorie:Kaiserslautern