Hafnium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Hf en atoomgetal 72. Hafnium is genoem ná die Latynse naam van Kopenhagen (Hafnia), waar dit ontdek is. Hafnium is in 1923 deur Dirk Coster en George de Hevesy ontdek. Die metaal het ses natuurlike isotope.

Eienskappe Hafniumatome lyk baie soos sirkoniumatome. Hulle het amper dieselfde grootte en die chemiese eienskappe van die twee elemente ook amper dieselfde. Daar is net twee minerale wat as ertse vir hafnium kan dien, alviet en hafnoon, wat 'n volledige reeks mengkristalle met sirkoon vorm. Die metaal word verkry deur suiwering van sirkoon. Die jaarlikse produksie is nie meer as 50 ton nie.

Die suiwere metaal is aan die lug blootgestel bedek met 'n oksiedlaag wat oksidasie verder verhoed. Fynverdeelde hafniumpoeier kan nogtans ontplof. Die metaal los nie in basisse of sure op nie, behalwe in fluoorsuur.

Hafnium het 'n baie hoë smeltpunt en absorbeer neutrone baie sterk. Dit word in die nukleêre industrie toegepas. Van sy legerings en keramiese verbindings word ook vanweë hulle hoëtemperatuureienskappe aangewend.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chemiese elemente